Oop vir die oomblik

R240.00

In Oop vir die oomblik kom die teorie en praktyk van “leef in die oomblik” saam om jou te help om in die hier en nou met die Here te leef en dit deel van jou leefwyse te maak. Daarom word jy in elke hoofstuk ook genooi om oefeninge te doen.

Description

SUBTITEL: Nader aan die hier en nou met die Here

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 288

OPSOMMING: Oop vir die oomblik laat ontvou die geloofsgewoonte van teenwoordig-leef en wys watter waardevolle bydrae dit tot ons daaglikse lewe-met-die-Here kan maak.

Dit is op die oomblik gewild om aandag te gee aan wat deur die loop van die dag in ons bewussyn gebeur. Ons vra ons af hoe afwesig of hoe teenwoordig ons vir die hier en nou is. Ons praat oor “leef in die oomblik”, “leef bewustelik”, teenwoordigheid, awareness of mindfulness.

Om teenwoordig te leef word egter dikwels sonder enige godsdienstige verbande beoefen. Dit is ongelukkig ’n vervlakking van hierdie besonderse ervaring. Daarom skryf Willem Nicol vanuit die Christelike geloof en die Bybel oor hierdie geloofsgewoonte. Vir hom is dit die deurslaggewende grondslag vir hoe hy teenwoordigheid ervaar en hanteer.

In Oop vir die oomblik kom die teorie en praktyk van “leef in die oomblik” saam om jou te help om in die hier en nou met die Here te leef en dit deel van jou leefwyse te maak. Daarom word jy in elke hoofstuk ook genooi om oefeninge te doen.

Ook beskikbaar om saam met hierdie boek te gebruik: Oop vir die oomblik Bybelstudie – Willem Nicol

INHOUD
Deel 1: Deur die dag
1. Waaroor praat ons?
2. Die wonder van die hier en nou
3. Die geraas in my kop kom tussen my en die huidige oomblik
4. My brein wil meer teenwoordig funksioneer
5. Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid!
6. Jou liggaam is ’n poort
7. Ons waarneming wil oopgaan
8. Doen is bevrydend
9. Ons ervarings: God is daarin
10. Mense: magnete tot in die nou
11. Kom ons kry ons binnekant aan die kant: die benadering
12. Kom ons kry ons binnekant aan die kant: die pad
13. Die aan-die-kant binnekant: die vrede van God
14. Hoe naby die Hoorder!

Deel 2: Die platform van ons eensame, stil tyd met God
15. Hoekom moet ons nog iets in ons besige lewe inpas?
16. Jou heilige plek
17. Liggaamlike voorbereiding
18. Lees met die Heilige Gees
19. Jou aandag spring na ander gedagtes
20. Laat insink wat jy gelees het
21. Praat met God
22. Gebed van die hart: Wat is die idee daaragter?
23. Gebed van die hart: ʼn Manier van doen
24. Terugskoue
25. Stilword in groepe
26. Die moontlike vrugte
27. ʼn Sewe-weke-intreeprogram

SKRYWER
Willem Nicol het ʼn doktorsgraad in Nuwe Testament en in Sistematiese Teologie. Hy was 33 jaar lank studenteleraar vir die NG Kerk in Pretoria. Daarna het hy ʼn vryskutpredikant geword om op die kontemplatiewe kant van spiritualiteit te fokus. Hy het reeds nege boeke oor hierdie onderwerp gepubliseer. Willem het ʼn passie vir ʼn leefstyl met ʼn bewussyn oop vir die Here. Hy is getroud met Joke en hulle het drie getroude kinders.