Oop vir die oomblik Bybelstudie

R70.61

Ook beskikbaar om saam met hierdie Bybelstudieboek te lees:  Oop vir die oomblik – Willem Nicol

In dié 10 Bybelstudies ontdek gelowiges dat die Here ons wil leer: Daar is net een plek waar ons kan leef – in die teenwoordige tyd. Die Here wag daar vir ons en trek ons daarheen. Hy vergewe die tekortkomings van die verlede en hou die toekoms in sy hand sodat ons kan tuis wees waar ons nou is. En wanneer ons daar kom, is ons oop vir die lewe én vir die Lewensbron.
Hierdie Bybelstudie bevat ook baie oefeninge wat jy kan doen om jou te help om hierdie geloofsgewoonte deel van jou leefstyl te maak.

Description

SUBTITEL: Nader aan die hier en nou met die Here – ‘n 10-weke-Bybelstudie

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 72

OPSOMMING: Leef in die oomblik. Live in the moment.
Geniet elke oomblik in die hier en nou.

Dit is tans gewilde idees.

Maar ons almal ervaar dat die moderne lewe dit vir ons moeilik maak om in die hier en nou tuis te voel. Daar is soveel dinge waaraan ons aandag moet gee, met die gevolg dat ons kop raas en ons afwesig raak.

In dié 10 Bybelstudies ontdek gelowiges dat die Here ons wil leer: Daar is net een plek waar ons kan leef – in die teenwoordige tyd. Die Here wag daar vir ons en trek ons daarheen. Hy vergewe die tekortkomings van die verlede en hou die toekoms in sy hand sodat ons kan tuis wees waar ons nou is. En wanneer ons daar kom, is ons oop vir die lewe én vir die Lewensbron.
Hierdie Bybelstudie bevat ook baie oefeninge wat jy kan doen om jou te help om hierdie geloofsgewoonte deel van jou leefstyl te maak.

Ook beskikbaar om saam met hierdie Bybelstudieboek te lees:  Oop vir die oomblik – Willem Nicol

INHOUD

Inleiding

  1. Kopgeraas steel jou lewe
  2.  Die Here roep jou in die hier en nou in
  3. Aanvaar wat nou hier is
  4. Maak jou binnekant aan die kant
  5. Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid
  6. Mense: magnete in die nou in
  7. Jou liggaam is ʼn poort
  8. Om God in alles te sien
  9.  Jou aksie bevry jou
  10. Die Hoorder is hier

SKRYWER
Willem Nicol het ʼn doktorsgraad in Nuwe Testament en in Sistematiese Teologie. Hy was 33 jaar lank studenteleraar vir die NG Kerk in Pretoria. Daarna het hy ʼn vryskutpredikant geword om op die kontemplatiewe kant van spiritualiteit te fokus. Hy het reeds nege boeke oor hierdie onderwerp gepubliseer. Willem het ʼn passie vir ʼn leefstyl met ʼn bewussyn oop vir die Here. Hy is getroud met Joke en hulle het drie getroude kinders.