Ontwaak met die Woord

R199.00

In hierdie bemoedigende dagstukkieboek voorsien Joyce Meyer jou van kragtige woorde – een vir elke dag van die jaar. Elke dagstukkie se woord fokus daarop om jou lewe te verander – ten goede. Hierdie woorde – saam met gepaste gedeeltes uit God se Woord, sal jou in staat stel om groter intimiteit met God te ervaar en die volheid wat Hy vir jou lewe beplan, te ontsluit.Met daaglikse aanmoediging en gebed, sowel as Joyce se gestruktureerde plan om tyd saam met God deur te bring, sal jy kan put uit sy krag om die lewe se struikelblokke te oorkom en jou volle potensiaal te bereik. En die woorde in hierdie dagstukkies, saam met die Woord, sal jou gedagtes rig om daardie krag dag vir dag te ontvang.

SKU: 9781415336052 Category:

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 376

OPSOMMING: In hierdie bemoedigende dagstukkieboek voorsien Joyce Meyer jou van kragtige woorde – een vir elke dag van die jaar. Elke dagstukkie se woord fokus daarop om jou lewe te verander – ten goede. Hierdie woorde – saam met gepaste gedeeltes uit God se Woord, sal jou in staat stel om groter intimiteit met God te ervaar en die volheid wat Hy vir jou lewe beplan, te ontsluit.Met daaglikse aanmoediging en gebed, sowel as Joyce se gestruktureerde plan om tyd saam met God deur te bring, sal jy kan put uit sy krag om die lewe se struikelblokke te oorkom en jou volle potensiaal te bereik. En die woorde in hierdie dagstukkies, saam met die Woord, sal jou gedagtes rig om daardie krag dag vir dag te ontvang.

SKRYWER
Joyce Meyer is een van die wêreld se voorste predikers en is ’n kenner op verskeie gebiede wat fokus op emosies, houdings en gemoedstoestande. Sy het ongeveer ’n honderd boeke geskryf wat in meer as ’n honderd tale vertaal is. Joyce borg ook Hand of Hope, ’n welsynsorganisasie wat fondse skenk aan weeshuise en mediese sorg bied vir minder bevoorregtes. Haar topverkopers sluit in Waag dit al is jy bang, Die stryd in jou gedagtes en Herbedraad jou denke.

Hardeband

199.95