Ons glo in

R160.00

SKU: 9780864878878 Categories: ,

Description

FORMAAT: Boek

OPSOMMING: Een van die verblydendste ontwikkelings in die teologie die afgelope ongeveer 40 jaar is ʼn nuwe belangstelling in die Christelike verstaan van God as die drie-enige God – Vader, Seun en Heilige Gees.

Ons glo in van Dirkie Smit sluit by hierdie ontwikkeling aan.

Hierdie boek, wat oorspronklik afsonderlike Pinksterreekse was, sluit sterk aan by die heel belangrikste belydenis van die vroeë kerk – die Geloofsbelydenis van Nicea. Hierdie belydenis is die een wat deur feitlik alle Christelike kerke aanvaar word. Dit verwoord die een geloof wat ons almal met mekaar deel. Dit verwoord helder en duidelik wat ons glo oor die drie-enige God.

Een van die beste dinge wat gelowiges vandag kan doen, is om saam te kyk na wat die Geloofsbelydenis van Nicea vir ons sê oor God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees.

Hierdie boek sal ʼn wonderlike gids en ʼn waardevolle hulpmiddel vir so ʼn ontdekkingstog wees.

SKRYWER
Dirkie Smit is ʼn Buitengewone Professor in Sistematiese Teologie by die Fakulteit Teologie van die Stellenbosch Universiteit. Tans is hy die Rimmer and Ruth de Vries Professor of Reformed Theology and Public Life, Princeton Theological Seminary in Princeton, New Jersey, VSA.