Omnibus 1 Israelreeks

R250.00

Granate bloei in Jerusalem: Marc, ’n sensitiewe jong SuidAfrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma, Ruwth, te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in ‘n geloofstryd – bestaan Jesus regtig? Te midde van geweld en selfmoordbomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in SuidAfrika moet hy die chaos in sy hart probeer orden: Is hy Christen of Jood? SuidAfrikaner of Israeli? Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef – al is dit saam met Rivkah? Is daar vir hulle ’n toekoms saam?

Hatikvah: Rivkah hoor sy is swanger. Terwyl sy worstel oor die ongebore kind se opvoeding, kyk Marc deur kunstenaarsoë na kinders rondom hom. Kort daarna verloor sy die ongebore baba in ’n miskraam. Onbeantwoorde vrae tussen Marc en Rivkah lei tot huwelikspanning tussen hulle twee. Sal Rivkah weer kans sien om swanger te word?

SKU: 9780796321978 Categories: ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 628

OPSOMMING: Granate bloei in Jerusalem: Marc, ’n sensitiewe jong SuidAfrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma, Ruwth, te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in ‘n geloofstryd – bestaan Jesus regtig? Te midde van geweld en selfmoordbomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in SuidAfrika moet hy die chaos in sy hart probeer orden: Is hy Christen of Jood? SuidAfrikaner of Israeli? Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef – al is dit saam met Rivkah? Is daar vir hulle ’n toekoms saam?

Hatikvah: Rivkah hoor sy is swanger. Terwyl sy worstel oor die ongebore kind se opvoeding, kyk Marc deur kunstenaarsoë na kinders rondom hom. Kort daarna verloor sy die ongebore baba in ’n miskraam. Onbeantwoorde vrae tussen Marc en Rivkah lei tot huwelikspanning tussen hulle twee. Sal Rivkah weer kans sien om swanger te word?

SKRYWER
Marzanne LerouxVan der Boon is ’n bekende en bekroonde skrywer wat in Vredehoek, Kaapstad, woon. Sy is veral bekend vir haar liefdesromans – wat allerhande etiese en aktuele kwessies aansny – en het ook ’n passie vir Israel, wat die afgelope paar jaar uitgeloop het op tien gewilde romans wat in daardie land afspeel.