Om Jesus te volg

R81.00

Stephan Joubert en Johan Smith span saam in ’n Bybelstudie vir individue of groepe. Om Jesus te volg se 12 studies gee riglyne oor wat dissipelskap is, en wat dit vir jou beteken om in diens van God te staan. Bybelse karakters uit die Ou en Nuwe Testament dien as voorbeelde hoe om dissipelskap prakties uit te leef. Die Bybelstudie wys jou hoe om ’n navolgenswaardige voorbeeld te wees in die wêreld.

SKU: 9781431607709 Category:

Description

SUBTITEL: 12 studies oor ware dissipelskap vir vandag

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 120

OPSOMMING: Elke gelowige is vanaf die oomblik van bekering ’n dissipel. Maar hoe leef ʼn mens dit prakties uit?
In Om Jesus te volg gee Stephan Joubert en Johan Smith praktiese riglyne oor ware dissipel-skap. Die 12 studies, vir individuele of groepstudie, bespreek temas soos: Wat dissipelskap is Wat dit vir gelowiges beteken om dissipels te wees Leefreëls vir dissipels God gebruik gewone mense Dissipels dien, dissipels doen!
Bybelse karakters uit die Ou en Nuwe Testament soos Barnabas, Paulus, Moses en Gideon word as voorbeelde gebruik om te sien hoe hulle hul dissipel-skap prakties uitgeleef het.
Om Jesus te volg wys elke gelowige hoe om ’n navolgenswaardige voorbeeld te wees in die wêreld.

SKRYWERS
Stephan Joubert is ’n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus – ’n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat, ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, en is ook redakteur van ’n groot e-kerk op die internet. Hy is getroud met Marietjie en het twee dogters, Tarien en Elani.

Johan Smith bedien ’n wye spektrum mense, wat insluit jeug, ouers, mans en vroue. Hy is ’n skrywer van jeugboeke asook boeke vir die gesin. Hy is op ’n weeklikse basis betrokke by die bediening van vroue in Pretoria en tree ook as spreker op tydens jeugweke, jeugsaamtrekke, ouerskapseminare en Daniël-mannekonferensies landswyd. Johan is tans leier van al die gemeentebedieninge by die Moreletapark-gemeente in Pretoria. Hy is getroud met Helena en hulle het drie kinders, Louise, Dirk en Marli.