Om God in mekaar te sien

R70.00

Om ’n volgeling van Jesus te wees impliseer dat ons alle mense menswaardig sal behandel. Jesus self het vir ons die voorbeeld gestel met die deernisvolle manier waarop Hy kinders, vroue, siekes, armes en verstotenes liefgehad en ingesluit het. Ons volg sy voorbeeld wanneer ons begin om God in mekaar raak te sien en mekaar verras deur mekaar te respekteer, na mekaar te luister, mekaar lief te hê en mekaar te omarm. 

SKU: 9780864878403 Categories: ,

Description

SUBTITEL: ‘n Gespreksgids vir kleingroepe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 32

OPSOMMING: Om ’n volgeling van Jesus te wees impliseer dat ons alle mense menswaardig sal behandel. Jesus self het vir ons die voorbeeld gestel met die deernisvolle manier waarop Hy kinders, vroue, siekes, armes en verstotenes liefgehad en ingesluit het.

Ons volg sy voorbeeld wanneer ons begin om God in mekaar raak te sien en mekaar verras deur mekaar te respekteer, na mekaar te luister, mekaar lief te hê en mekaar te omarm. 

INHOUD
Inleiding
Gesprek 1: Om God in mekaar te sien
Gesprek 2: Respek
Gesprek 3: Luister
Gesprek 4: Liefhê
Gesprek 5: Omarm
 

SKRYWER
Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.