Nogtans sal ek hoop

R171.00

Almal van ons beleef hartseer en bekommernis wat dreig om ons lewensvreugde te steel. In Nogtans sal ek hoop se 366 dagstukke inspireer Johan Smit lesers om liewer op God te fokus en in oorwinning te leef. Die Skrifgedeeltes en oordenkings laat lesers dieper delf om God te ontdek vir wie Hy werkli

SKU: 9781431607655 Category:

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE:  400

OPSOMMING: Daar is twee maniere om die swaarkry van die lewe te hanteer: kyk daarteen vas en word daardeur oor-weldig, of sien God raak en leef in oorwinning.
In Nogtans sal ek hoop se 366 dagstukke wil Johan Smit lesers op God laat fokus sodat hulle elke dag hoopvol kan aanpak. Temas wat bespreek word sluit in: Christenwees in Suid-Afrika Struikelblokke op die geloofspad Karaktertrekke van Jesus Paulus se inspirerende preke
Die Skrifgedeeltes en oordenkings laat lesers dieper delf om God te leer ken vir wie Hy is – en nie wie mense dikwels so graag wil hê Hy moet wees nie. Deur aan God vas te hou in alle omstandighede, sal die seer en bekommernis van elke dag geen houvas op jou hê nie.

SKRYWER
Johan Smit was predikant in die NG Kerk-gemeentes Wynberg, Bellville-Oos en Helderberg. Johan was ook vir baie jare ’n aktiewe medewerker by die Kerkbode en Lig. Hy is getroud met Nina en hulle woon in Somerset-Wes.