Nog ‘n voorskoot

R345.00

Hierdie lekkerlees-kookboek is die tweede uit die pen van Herman Lensing, geliefde kosredakteur van Sarie. Dit is ingedeel in 10 hoofstukke, volgens Herman se gunstelingbestanddele: Appels en pere; Sitrus; Aartappels en patats; Uie en familie; Sampioene; Seekos; Hoender; Lam; Meel, Melk en eiers; en – natuurlik – Sjokolade. Die boek se kenmerk is die gemaklike styl waarmee Herman kook. Daar is nie tierlantyntjies nie, en geen resepte wat ure of dae neem om te maak nie. Herman se geheim is kortpadgaarmaakmetodes en kwaliteitbestanddele.

SKU: 9780798168328 Categories: , ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 192

BESKRYWING: Hierdie lekkerlees-kookboek is die tweede uit die pen van Herman Lensing, geliefde kosredakteur van Sarie. Dit is ingedeel in 10 hoofstukke, volgens Herman se gunstelingbestanddele: Appels en pere; Sitrus; Aartappels en patats; Uie en familie; Sampioene; Seekos; Hoender; Lam; Meel, Melk en eiers; en – natuurlik – Sjokolade. Die boek se kenmerk is die gemaklike styl waarmee Herman kook. Daar is nie tierlantyntjies nie, en geen resepte wat ure of dae neem om te maak nie. Herman se geheim is kortpadgaarmaakmetodes en kwaliteitbestanddele.

SKRYWER
Herman Lensing is in 2009 op 22jarige ouderdom aangestel as Sarie se jongste kosredakteur ooit. Hiermee volg hy in die voetspore
van bekendes soos Peter Veldsman. Sy aansteeklike entoesiasme, uitstekende koskennis en begrip vir die alledaagse werklikhede
waarmee lesers te doene het, maak vir ’n wenkombinasie. Sy programme op VIA is baie populêr.

UITGEWER: Human & Rousseau