Nina Smit 2020 Dagbeplanner vir vroue

New

R170.00

Nina se inspirerende maandstukkies vol wysheid, daaglikse aanhalings, klassieke ontwerp en gebruikersvriendelike uitleg is ‘n wenkombinasie en maak hierdie boek ’n moet-hê-item.

SKU: 9781415340387 Category:

Description

FORMAAT: Hardeband

GROOTTE: 180 x 120 mm

AANTAL BLADSYE: 384

BESKRYWING: Nina Smit se dagbeplanner is jaar na jaar ’n groot gunsteling by vroue van alle ouderdomme en van alle agtergronde. Nina se inspirerende maandstukkies vol wysheid, daaglikse aanhalings, klassieke ontwerp en gebruikersvriendelike uitleg is ‘n wenkombinasie en maak hierdie boek ’n moet-hê-item vir alle vroue wat Nina se boeke geniet.
Kenmerke sluit in:
• Inspirasie vir elke maand en daaglikse aanhalings deur Nina Smit
• Openbare vakansiedae, skoolkwartale en kontakbesonderhede vir alle universiteite
• Jaarbeplanners vir 2020 en 2021, plus ’n finansiële beplanner
• Maandkalenders, met plek om persoonlike doelwitte neer te skryf
• Bladsye vir persoonlike notas
• Nuttige inligting soos omskakelingstabelle, huweliksherdenkingsgeskenke en meer

SKRYWER
Nina Smit is bekend vir haar talle dagboeke, kinderboeke en boeke vir vroue oor verskeie onderwerpe. Haar jongste publikasies sluit in Beloftes vir Ma, Wanneer vreugde my ontwyk en God is aan jou kant. Sy is ma van drie volwasse kinders en woon in Somerset-Wes.