‘n Tuin vir Tessa

R195.00

Ná ’n wrede plaasaanval verkoop Altus en Tessa Heyns die familieplaas en trek stad toe. Aanvanklik gaan dit goed, maar die een ramp na die ander tref Altus se besigheid. Dit gaan so sleg met die besigheid dat dit onder sekwestrasie geplaas word. Van dit als weet Tessa niks. Altus raak toenemend gespanne, hy kom laat van die werk af en onttrek hom van haar en hul seuns. Alles word vir hom te veel en Altus speel oop kaarte met Tessa. Bankrotskap is sy voorland. Die karre, die huis en die inhoud daarvan moet alles opgeveil word om hom uit die tronk te hou. Uiteindelik knak Altus. Die balju slaan toe en Tessa en die seuns staan alleen.
Haar beste vriendin Elaine en dié se vervreemde man staan hulle by. As troos bring sy ook die dominee saam. Toe die gemeente betrokke raak, stroom hulp van alle kant af in. Dit lyk of alles miskien kan uitwerk, maar Tessa kry die skok van haar lewe toe sy teruggaan om vir ou laas deur haar huis te loop.

SKU: 9780796321084 Category:

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 288

OPSOMMING: Ná ’n wrede plaasaanval verkoop Altus en Tessa Heyns die familieplaas en trek stad toe. Aanvanklik gaan dit goed, maar die een ramp na die ander tref Altus se besigheid. Dit gaan so sleg met die besigheid dat dit onder sekwestrasie geplaas word. Van dit als weet Tessa niks. Altus raak toenemend gespanne, hy kom laat van die werk af en onttrek hom van haar en hul seuns. Alles word vir hom te veel en Altus speel oop kaarte met Tessa. Bankrotskap is sy voorland. Die karre, die huis en die inhoud daarvan moet alles opgeveil word om hom uit die tronk te hou. Uiteindelik knak Altus. Die balju slaan toe en Tessa en die seuns staan alleen.
Haar beste vriendin Elaine en dié se vervreemde man staan hulle by. As troos bring sy ook die dominee saam. Toe die gemeente betrokke raak, stroom hulp van alle kant af in. Dit lyk of alles miskien kan uitwerk, maar Tessa kry die skok van haar lewe toe sy teruggaan om vir ou laas deur haar huis te loop.

SKRYWER
Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf topverkopers en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en -vervolgverhale. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.