’n Pa en sy dogter

R130.00

Vier die geskenk en seën van die unieke verhouding tussen pa’s en dogters met hierdie inspirerende volkleur-geskenkboek deur dr. James Dobson, ervare berader en kenner van gesinsake. ’n Pa en sy dogter bied uittreksels uit die topverkoper Om dogters groot te maak en is ’n huldeblyk aan die rol wat ’n pa in sy dogter se lewe speel met hope praktiese raad.

SKU: 9781431612321 Category:

Description

SUBTITEL: Tydlose wysheid om jou dogter te leer, te lei en lief te hê – haar hele lewe lank

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 128 (volkleur)

OPSOMMING: Of ’n dogter nog klein is of al volwasse, sy sal vir ewig ’n spesiale plek in haar pa se hart hê.
Vier die geskenk en seën van die unieke verhouding tussen pa’s en hulle dogters met hierdie inspirerende boek deur dr. James Dobson, ervare berader en kenner van gesinsake.
’n Pa en sy dogter bied uittreksels uit die topverkoper Om dogters groot te maak en is ’n huldeblyk aan die rol wat ’n pa in sy dogter se lewe speel. Dit is propvol praktiese raad wat elke pa sal help bou aan sy verhouding met sy dogter. Die volkleur-geskenkboekie vier die lewenslange band van liefde wat ’n pa en dogter deel. ’n Pa en sy dogter sal pa’s help om ’n waarlik spesiale verhouding met hul dogter te ontwikkel, te handhaaf en te koester.

OUTEUR
Dr. James Dobson is die stigter van Focus on the Family, ’n nie winsgewende organisasie wat fokus op die instandhouding van die gesin. Dr. Dobson is ook bekend vir sy radioprogramme wat daagliks oor meer as 4 200 stasies uitgesaai word en meer as 200 miljoen luisteraars het. Hy is ’n gekwalifiseerde sielkundige en het ook ’n Ph.D. in kinderontwikkeling aan die University of Southern California School for Medicine verwerf. Hy is ook die outeur van meer as 50 boeke wat gerig is op die behoud van die gesin. Dr. Dobson en sy vrou, Shirley, is die ouers van twee volwasse kinders en woon in Colorado Springs, Colorado.