’n Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir kinders

R180.00

Nou kan kinders van kleins af ’n beter begrip van die Bybel ontwikkel met hulle eie Bybelhand-boek. ʼn Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir kinders deur Dave Strehler is daarop gemik om kinders te help om sin te maak van die Bybel. Hierdie Bybelhandboek sal kinders op praktiese, lekker en interessante maniere meer oor die Bybel leer.

SKU: 9781431611478 Category:

Description

SUBTITEL: ’n Prettige, leersame reis deur die Bybel

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 380

OPSOMMING: Dave Strehler bied met ’n Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir kinders ’n Bybelhandboek spesiaal vir die jongklomp.
Dié boek sal kinders help om sin te maak van die Bybel deur vir hulle praktiese, lekker en interessante maniere te wys om dinge oor die Bybel te leer. ’n Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir kinders lei kinders deur die Bybel deur die volgende opwin-dende bywerkings: antwoorde op die algemeenste vrae wat hulle het oor gebeure en karakters in die Bybel interessante feite om hulle te stimuleer en hulle belangstelling te wek visuele voorstellings van wat hulle lees om hulle te help verstaan en onthou hedendaagse toepassings van sekere Bybelse kon-septe en tradisies woordverklarings vrae met Bybelse verwysings vir antwoorde om hulle insig te verryk

SKRYWER
Dave Strehler is al vir langer as 20 jaar betrokke by die onderrig van kinders. Hy is tans be-trokke by die Eastside Community Church in Pretoria. Hy is passievol daaroor om kinders en jongmense te help om die Bybel te verstaan en hulle te leer om dit te geniet om Bybel te lees. Hy volg ’n praktiese benadering wanneer hy skryf oor kwessies rakende die Christelike lewe.