’n Boodskap van hoop

New

R200.00

50 van Suid-Afrika se bekendste sportsterre soos Duane Vermeulen, Eben Etzebeth, JP Duminy en LJ van Zyl deel in ’n Boodskap van hoop húlle hoop vir ons land en sy mense. Saam met foto’s uit hulle persoonlike foto-albums en handtekeninge deel hulle ook die rol wat geloof in hulle lewens speel. Dié versamelaarsboek bevat ook interessante feite oor verskillende sportsoorte en sportgebeure. Met hierdie
volkleur-pragboek verwoord Karien Basson die boodskap van hoop wat Suid-Afrikaners nodig het.

SKU: 9781431613182 Category:

Description

SUBTITEL: Duane Vermeulen, JP Duminy, LJ van Zyl, Eben Etzebeth en ander sportsterre deel hulle drome en hoop vir ons land en sy mense

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 216

OPSOMMING: Vir dekades al deel die mense van Suid-Afrika ’n passie vir sport. Maar wat ons regtig saamsnoer, is die Hoop wat in ons hart leef. Karien Basson bring hierdie twee eg-Suid-Afrikaanse elemente saam in een inspirasie-aanbieding. In ’n Boodskap van hoop deel 50 sportsterre, onder andere Duane Vermeulen, Eben Etzebeth, Marcell Coetzee, Cornal Hendricks, LJ van Zyl, JP Duminy en Maryka Holtzhausen wat die éintlike doel in hulle lewe is – om ’n lewe te leef wat God sal verheerlik. Hulle deel teksverse wat hulle na aan die hart lê, bied persoonlike boodskappe aan lesers en dra die hoop uit wat hulle vir Suid-Afrika en sy mense koester. Die boek word afgerond met foto’s uit die sterre se persoonlike foto-albums en interessante feite oor ’n verskeidenheid sportsoort en sportgebeure. Dit is ook die ideale geskenk vir handtekeningversamelaars. ’n Boodskap van hoop is ’n versamelstuk vol hoop en bemoediging uit die hart van sommige van ons mees geliefde sportsterre.

SKRYWER
Karien Basson is ’n gesertifiseerde Transformation Coach, NLP Life Coach, NLP Practitioner en Negative Emotional Therapy™ Practitioner. Ná tien jaar in die media-bedryf as joernalis en radio-aanbieder is sy ’n bekende stem op Tygerberg 104FM in die bekroonde program Vuurvas. Sy is ook genomineer vir die beste middag-spitstyd-aanbieder in 2013. Karien is die wenner van die 2014 MTN Bright Star-toekenning en is saam met haar Sportnuus-spanmaats Arnold Geerdts en Anton Treurnich genomineer vir beste sportprogram in 2014. Sy is getroud met Shawn Basson en hulle was betrokke by die jeug- en studente-bediening in Pretoria. Deesdae woon hulle in die Strand en belê hul tyd in die Kingdom Light Church. Karien is ’n spreker en ’n skrywer, en het ook ’n blog met meer as 4 000 lesers. Karien is ook Finesse se Vroue wat Glo-beweging se verteenwoordiger in die Wes-Kaap. Dié pastoorsvrou het ’n groot hart vir gemeenskapswerk, dierebeskerming en sport