My eie Bybel

New

R95.00

My eie Bybel is die perfekte geskenk. My eie Bybel bevat ‘n versameling van al die klassieke, gewildste Bybelstories, insluitende al die immergroen gunstelinge wat by almal byval vind. Die stories word op ’n eenvoudige manier deur Bethan James aangebied sodat die kleinspan dit sal kan verstaan. Al die stories is kleurvol geïllustreer deur die ervare kinderboek-illustreerder, Estelle Corke.

SKU: 9781415330081 Category:

Description

FORMAAT: Gestopte hardeband

AANTAL BLADSYE: 288

OPSOMMING: My eie Bybel is die perfekte geskenk. My eie Bybel bevat ‘n versameling van al die klassieke, gewildste Bybelstories, insluitende al die immergroen gunstelinge wat by almal byval vind. Die stories word op ’n eenvoudige manier deur Bethan James aangebied sodat die kleinspan dit sal kan verstaan. Al die stories is kleurvol geïllustreer deur die ervare kinderboek-illustreerder, Estelle Corke.

OOR DIE SKRYWER
Bethan James is ’n voormalige onderwyseres en jeugwerker en het al verskeie kinderboeke geskryf. Sy woon saam met haar man en kinders op die Engelse platteland.

OOR DIE ILLUSTREERDER
Nadat Estelle Corke aanvanklik haar kunsloopbaan in die advertensiewese, asook as tydskrif- en verpakkingsillustreerder afgeskop het, het sy met ’n klein bietjie geluk in kinderboekillustrasies beland – iets wat altyd haar eerste liefde was. Haar kleurryke gouache-styl illustrasies is kenmerkend van haar werk en sy teken graag kinders en diere. Estelle het reeds talle kinderboeke en kinderbybels vir verskeie internasionale uitgewers geïllustreer.