Moed vir elke môre

R250.00

In ’n tyd wat gekenmerk word deur misdaad en ge­weld, is dit nie altyd maklik om moedig voort te beur nie. Maar met God aan ons sy is enigiets moontlik. Dit is die bood­skap in Milanie Vosloo se dag­boek Moed vir elke môre.
Die 366 verkwikkende oordenkings sal vroue in­spireer om elke dag met nuwe moed aan te pak. Met temas soos moed om weer te begin, moed om vróú te wees, moed om te glo, moed om te huil, moed om vas te byt, moed om te kniel en nog vele meer, lei Milanie Vosloo vroue om hulle ware vrou­wees daag­liks moedig uit te leef.
Moed vir elke môre met sy volkleur ontwerpe deur Amylee Weeks is bedoel vir elke vrou wat vasgevang en oorweldig voel. Dit sal haar inspireer om die lewe weer reguit in die oë te kyk.

SKU: 9781431621170 Categories: ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 392

OPSOMMING: In ’n tyd wat gekenmerk word deur misdaad en ge­weld, is dit nie altyd maklik om moedig voort te beur nie. Maar met God aan ons sy is enigiets moontlik. Dit is die bood­skap in Milanie Vosloo se dag­boek Moed vir elke môre.
Die 366 verkwikkende oordenkings sal vroue in­spireer om elke dag met nuwe moed aan te pak. Met temas soos moed om weer te begin, moed om vróú te wees, moed om te glo, moed om te huil, moed om vas te byt, moed om te kniel en nog vele meer, lei Milanie Vosloo vroue om hulle ware vrou­wees daag­liks moedig uit te leef.
Moed vir elke môre met sy volkleur ontwerpe deur Amylee Weeks is bedoel vir elke vrou wat vasgevang en oorweldig voel. Dit sal haar inspireer om die lewe weer reguit in die oë te kyk.

SKRYWERS
Milanie Vosloo is ’n topverkoper-outeur wat deur haar boeke al duisende vroue se lewens verander het. Met haar eerlike manier kry sy dit reg om die hart en siel van haar lesers te raak … hulle te inspireer en aan hulle hoop te bring. Jy sal vind dat Milanie se woorde jou hart raak omdat sy met opregtheid en wys­heid haar lewensondervinding as suksesvolle sakevrou, skrywer, ma en vriendin met jou deel.
Amylee Weeks is van Iowa, VSA, afkomstig en lief vir die Here, haar gesin en om kuns te skep. Nadat sy ’n graad in besigheid gekry het, het sy op die roepstem van haar hart reageer en ingeskryf by The Art Institute of Pittsburgh.