Met liefde wat saamgaan en ander stories

Sale!

New

R195.01 R99.00

Kry 50% afslag op Annalise Wiid se laaste boek. Beperkte voorraad beskikbaar. 

In hierdie boek vra sy haarself en die leser: Hoe lief kan ’n mens hê? Lief genoeg om te laat gaan, soos Hanna met Samuel gemaak het? Lief genoeg om selfs ten koste van ander foute oor te sien, soos Eli met sy seuns gemaak het?

Met liefde wat saamgaan en ander stories bevat 54 kortverhale, waarvan sommiges jou enkele minute sal neem om te lees. Dis die tipe boek wat jy in jou handsak kan saamneem en terwyl jy in toue staan en wag, gou ’n storie kan lees.

Die trefkrag van die boek lê daarin dat jy nie noodwendig ’n gelowige hoef te wees om waarde uit die stories en insigte te put nie; dat die fyner kyk in ander se vreugdes en seer jou deel maak van ’n groter groep: nietige mense met foute en drome en versugtinge; hartseer en teleurstellings. Iemand net soos jy.

SKU: 9780796320247 Category:

Description

SUBTITEL: Met liefde wat saamgaan en ander stories

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 240

OPSOMMING: In hierdie boek vra sy haarself en die leser: Hoe lief kan ’n mens hê? Lief genoeg om te laat gaan, soos Hanna met Samuel gemaak het? Lief genoeg om selfs ten koste van ander foute oor te sien, soos Eli met sy seuns gemaak het?

Met liefde wat saamgaan en ander stories bevat 54 kortverhale, waarvan sommiges jou enkele minute sal neem om te lees. Dis die tipe boek wat jy in jou handsak kan saamneem en terwyl jy in toue staan en wag, gou ’n storie kan lees.

Die trefkrag van die boek lê daarin dat jy nie noodwendig ’n gelowige hoef te wees om waarde uit die stories en insigte te put nie; dat die fyner kyk in ander se vreugdes en seer jou deel maak van ’n groter groep: nietige mense met foute en drome en versugtinge; hartseer en teleurstellings. Iemand net soos jy.

SKRYWER
Annalise Wiid is van woorde en wysies aanmekaargeweef. Sy skryf stories, liedjies en rubrieke wat vertel van God en van die lewe. Sy reis, sing-sing, die wêreld vol om dit met gehore te deel. Sy is geleentheidspreker en bied ook kampe en seminare aan. Haar werk reflekteer die sweef- én die strompelkant van die Christelike lewe. Dit reflekteer ook God se onuitputlike genade en begrip vir ons. Sy woon in die Helderberg-distrik van die Kaap.