Melodie Omnibus 4

R435.00

Vir Miranda Almas de la Montara is daar net een man, in Hertog van die Pampas – Alejandro Semillano de Oragon. Maar dié hertog se ouers het vir hom ’n aristokraat uit Spanje as bruid gekies. Hulle verlowingspartytjie word egter deur Pablo Ramirez se rowerbende ontwrig. Toe Ramirez vir Miranda ontvoer, snel Alejandro haar te hulp. Sal hy haar ooit raaksien as die regte vrou vir hom? In Sewe dae is alles in Esmérelda Smit se lewe mooi agtermekaar: Sy het ’n goeie pos as dosent en haar finansiële toekoms is verseker. Ná haar pa se verraad in haar kinderjare sal sy nooit weer ’n man in die oë hoef te kyk vir enigiets nie. En toe laat beland haar boesemvriendin Sonja haar in ’n penarie waaruit sy haar nie kan loswikkel nie. Esmérelda word verplig om deel te neem aan die liefdadigheidsprojek Sewe Dae: Beleef en oorleef Pierre Vaz. Maar van mans soos dié bekende en suksesvolle sakeman wil Esmérelda eenvoudig niks weet nie.

SKU: 9780624088035 Categories: ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 448

OPSOMMING: Vir Miranda Almas de la Montara is daar net een man, in Hertog van die Pampas – Alejandro Semillano de Oragon. Maar dié hertog se ouers het vir hom ’n aristokraat uit Spanje as bruid gekies. Hulle verlowingspartytjie word egter deur Pablo Ramirez se rowerbende ontwrig. Toe Ramirez vir Miranda ontvoer, snel Alejandro haar te hulp. Sal hy haar ooit raaksien as die regte vrou vir hom? In Sewe dae is alles in Esmérelda Smit se lewe mooi agtermekaar: Sy het ’n goeie pos as dosent en haar finansiële toekoms is verseker. Ná haar pa se verraad in haar kinderjare sal sy nooit weer ’n man in die oë hoef te kyk vir enigiets nie. En toe laat beland haar boesemvriendin Sonja haar in ’n penarie waaruit sy haar nie kan loswikkel nie. Esmérelda word verplig om deel te neem aan die liefdadigheidsprojek Sewe Dae: Beleef en oorleef Pierre Vaz. Maar van mans soos dié bekende en suksesvolle sakeman wil Esmérelda eenvoudig niks weet nie.

SKRYWER
Lizet Engelbrecht is ’n gekwalifiseerde personeelbestuurder. Na ’n tydperk in Lusaka, Zambië, het sy en haar man op Darling kom bly.