Matteus 1 – 16

R250.00

In Matteus se weergawe van die Jesus-gebeure is daar baie rolspelers soos:

  • Maria en Josef
  • die sterrekykers uit die ooste
  • Johannes die Doper en koning Herodes
  • Petrus se skoonma
  • Tollenaars en sondaars
  • ʼn Romeinse offisier en ʼn Kanaänitiese vrou.
SKU: 9780864879066 Categories: , , ,

Description

SUBTITEL: Sout en lig. Matteus se verstaan van Jesus. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 424

BYSKRYWING: In Matteus se weergawe van die Jesus-gebeure is daar baie rolspelers soos:

    • Maria en Josef
    • die sterrekykers uit die ooste
    • Johannes die Doper en koning Herodes
    • Petrus se skoonma
    • Tollenaars en sondaars
    • ʼn Romeinse offisier en ʼn Kanaänitiese vrou.

Die hoofrolspelers is:

  • die dissipels: doodgewone mense wat vir Jesus begin volg het nadat Hy hulle geroep het.
  • die skare: die armstes van armes wat ly onder die Romeine en die Joodse leiers.
  • die Joodse leiers: die Fariseërs, Sadduseërs en skrifgeleerdes is die vooraanstaandes wat God vir die volk verduister.

Matteus skryf sy Evangelie vir Joodse Christene in die groot stad Antiogië oor God

  • wat Homself in Jesus in die wêreld inskep
  • ʼn vars bries in die woestyn word
  • ʼn diep en blywende indruk maak en
  • ʼn tydlose boodskap nalaat. 

 INHOUD

  1. Groot belofte (Matt 1:1-17)
  2. ’n Stap in geloof (Matt 1:18-25)
  3. Nog wat glo (Matt 2:1-12)
  4. Insluit en uitsluit (Matt 2:13-23)
  5. Hou op speel (Matt 3:1-12)
  6. Wat God wil én doen (Matt 3:13-17)
  7. Jesus sit die duiwel op sy plek (Matt 4:1-11)
  8. Om te glo is om te volg (Matt 4:12-22)
  9. Hoog aangeskrewe by God (Matt 4:23 – 5:12)
  10. Waardevol vir God (Matt 5:13-19)
  11. Ons tel by God (Matt 5:20-26)
  12. Neem mekaar in ag (Matt 5:27-32)
  13. Wees betroubaar (Matt 5:33-37)
  14. Neem inisiatief (Matt 5:38-48)
  15. Aansien by God (Matt 6:1-8)
  16. Vennote van ons Vader (Matt 6:9-15)
  17. Selfgerig of Godgerig? (Matt 6:16-23)
  18. Moenie bekommer nie (Matt 6:24-34)
  19. Neus in ander se sake? (Matt 7:1-6)
  20. ’n Goeie Vader (Matt 7:7-12)
  21. God se elite (Matt 7:13-20)
  22. Genadig of genadeloos? (Matt 7:21-29)
  23. Almal welkom (Matt 8:1-4)
  24. Twee ryke ontmoet (Matt 8:5-13)
  25. Jesus wys hoe God is (Matt 8:14-17)
  26. Nuwe perspektief (Matt 8:18-22)
  27. In dieselfde bootjie (Matt 8:23-27)
  28. Helpende hande (Matt 8:28 – 9:1)
  29. Dieselfde mag (Matt 9:1-8)
  30. Kyk wie kuier by Jesus (Matt 9:9-13)
  31. Immanuel! (Matt 9:14-17)
  32. Deur geloof (Matt 9:18-26)
  33. Oor sien en nie sien nie (Matt 9:27-34)
  34. Deur God bemagtig (Matt 9:35 – 10:4)
  35. Jesus se voetspore (Matt 10:5-15)
  36. Sekerheid in God (Matt 10:16-23)
  37. Toegang tot God (Matt 10:24-33)
  38. Oor en oor die moeite werd (Matt 10:34-42)
  39. Wie is Jesus? (Matt 11:1-6)
  40. Belaglik of wys? (Matt 11:7-19)
  41. Leer van My! (Matt 11:20-30)
  42. Mense belangriker (Matt 12:1-14)
  43. Verrassend anders (Matt 12:15-21)
  44. Kyk na die vrugte! (Matt 12:22-37)
  45. Maak oop julle oë! (Matt 12:38-45)
  46. ʼn Nuwe familie (Matt 12:46-50)
  47. Hoor en vrugdra (Matt 13:1-23)
  48. Troos vir koninkryksmense (Matt 13:24-43)
  49. Dieselfde en tog nuut (Matt 13:44-52)
  50. Verstom, aanstoot, ongeloof (Matt 13:53-58)
  51. Triomf ten spyte van tragiek (Matt 14:1-12)
  52. Maaltyd van die lewe (Matt 14:13-21)
  53. In God se geselskap (Matt 14:22-36)
  54. Hoë premie op verhoudings (Matt 15:1-20)
  55. God kan omgepraat word! (Matt 15:21-28)
  56. Meer as genoeg! (Matt 15:29-39)
  57. Pas op! (Matt 16:1-12)
  58. Wie Jesus werklik is (Matt 16:13-20)
  59. Dieselfde agenda? (Matt 16:21-23)
  60. Ja vir God! (Matt 16:24-28)

SKRYWERS
Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek.

Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.