Magla – die dogter wat buite die boks gedink het

R55.00

Die gewilde familiebybelstudieboek Magla – die dogter wat buite die boks gedink het is nou 25% goedkoper! Jy en jou gesin kan nou 40 cool (en onbekende) Bybelkarakters uit hulle skuilplekke in die Bybel haal en saam herontdek!

Description

SUBTITEL: … en 39 ander cool Bybelkarakters

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 177

OPSOMMING: 40 (minder bekende) Bybelkarakters waaroor gesinne saam kan lees, gesels en groei. Prikkelende stukke vir gesinsbyeenkomste, gemaklike en informele aanslag met ’n interaktiewe formaat.

Rondom die Bybel …

In Magla – die dogter wat buite die boks gedink het word 40 cool Bybelkarakters, waarvan die meeste minder bekend is, uit hulle wegkruipplek in die Bybel gehaal. Hulle kon net sowel vandag geleef het, want hulle is mense net soos ons, met dieselfde giere, drome, vrese en hang-ups.

Reis saam …

Hierdie Bybelkarakters sal julle as familie baie gee om oor te dink en te praat. Maak as familie ’n afspraak met julle self om een keer per week saam om die Bybel en God wat by ons is te gaan sit. Dit sal julle lewe verander.

INHOUD

Hoe om hierdie boek te gebruik

Reisgenote

Vir die ouers

1. Magla: Die dogters wat buite die boks gedink het

2. Hanna: Die ma wat dronk gelyk het

3. Jetro: Wanneer Skoonpa kom kuier …

4. Manoag se vrou: Die mamma-sonder-naam

5. Josia: Die jong koning en die profetes

6. Naäman: Die stemlose mense wat gepraat het

7. Naomi: Wanneer jou skoonma jou beste pel is

8. Boas: ’n Vreemdeling word familie van Jesus

9. Jonatan: Die pel wat die prins sy kroon gekos het

10. Die farao: Koning Slim maak dom en dommer planne

11. Jogebed: Die moordmasjien word die kraamsaal

12. Josef: Vergewe is nie vergeet nie

13. Samuel: Boeta word koning

14. Moses: God besoek ’n vlugtende moordenaar

15. Debora: Vroue wat vir niks skrik nie

16. Elia: Die dominee met selfmoordneigings

17. Daniël: Afguns in die staatsdiens kan jou opvreet

18. Josua: Mense loop deur diep rievier

19. Ester: Mej Wêreld bring wêreldvrede

20. Ester: ’n Plan wat lelik boemerang!

21. Elisa: Entrepreneursdag in Kanaän

22. Amos: Die plaasjapie wat uit sy beurt gepraat het

23. Job: Vriende wat niks help nie

24. Jona: ’n Lessie oor liefde – nie oor ’n vis

25. Habakuk: Ge-abba of gekruk, nogtans sal ek sing

26. Saggeus: Lang vingers, kort bene

27. Saulus: Vervolger word volgeling

28. Paulus: In die breingimnasium

29. ’n Vrou op die pad: Die hondjie wat vir Jesus geblaf het

30. Die vrou by die put: Jesus en die loslappie

31. ’n Vrou by die kollektediens: Die ryk, arm weduwee

32. Elisabet: ’n Godsdiensleier bly stil en twee vroue loof die Here

33. Priscilla en Akwila: Mevrou en meneer Tentmaker

34. ’n Seuntjie: Nog bokkoms en broodjies?

35. Onesimus: Tronk-CV

36. Petrus: Die leier wat te vionnig gepraat het

37. Lidia: Sakevrou word kerkstigter

38. Timoteus: Soldaat, atleet en die bietjie wyn

39. Die vrou by die dinee: ’n Ongenooide gas word die gasvrou

40. Abigajil: Die vrou wie se man hom doodgeskrik het

UITGEWER: Bybelkor

SKRYWERS

 Christelle Bekker het haar opleiding as jeugwerker aan die Hugenote Kollege en die Universiteit van Pretoria ontvang.

Dr Nico Simpson is predikant van Kruis-Generasie (Stellenberg, Wes-Kaap) wat as gelowiges ou-ou geloofswaarhede vandag nuut wil leef. Hy glo dat die skep van veilige ruimtes mense help om te lag, te luister, te speel, te sorg en te glo.