Maak God, of die vere, die voël?

R30.00R150.01

Spesiale prys: Koop 10 boeke teen R150 (R15 elk)

Dit bevat alles wat ‘n mens nodig het om ‘n Bybelstudiegroep te begin en opwindend aan die gang te hou.

Clear
SKU: Vere Category:

Description

SUBTITEL: ‘n Bybelstudie -reeks vir groepe en individue –  Josef se verhale

FORMAAT: Boek

OPSOMMING: Dit bevat alles wat ‘n mens nodig het om ‘n Bybelstudiegroep te begin en opwindend aan die gang te hou. Schalk van Wyk se Bybelstudie oor die Josefverhaal lees soos ‘n betowerende novelle wat inderdaad in die Bybel is. Ons lees hoe Jakob sy laatlammetjie-kind voortrek; hoe Josef “afshow” met sy jas en sy drome; hoe broer Juda in ‘n prostituut se strik trap; hoe mevrou Potifar lus kry vir Josef se lyf; van Josef se tronkvoëldae en sy merkwaardige opgang daarna; van wraakspel wat hy met sy broers speel; van uiteindelike ommekeer en berou… En les bes hoor ons telkens die aangrypende boodskap wat weer en weer bevestig: God se trou is onveranderlik; sy planne om alles ten goede te laat meewerk, kan deur geen menslike planne gestuit word nie – al lyk dit o die oog af nie altyd sò nie.

SKRYWER

Schalk van Wyk

 

Additional Information

Aantal boeke

1 Boek, 10 Boekies vir R150