Lesse wat leef (Graad 1)

R150.00

Kinders leer deur pret, spel, nabootsing, waarneming en ervaring. Elke bundel bevat ook wenke vir dinamiese lesaanbieding, metodiek van storievertel, ervaringsleer, verhoudingsbou, ensovoorts.

SKU: Boek 6 Categories: , , , , ,

Description

SUBTITEL: 20 lesse in drie reekse, met visuele hulpmiddels en werkblaaie.

OPSOMMING: Die boodskappe is eenvoudig vir kinders om te verstaan en maklik om voor te berei. Dit koppel die Bybelverhale baie sinvol aan die kind se leefwêreld en behoeftes. Bybelverse word op lekker maniere speel-speel gememoriseer. Die apparaat is funksioneel en maklik om te gebruik. Die Skrifgebruik is verantwoordelik en teologies getrou.

INHOUD (drie temareekse)
1. DIE WOORD: Wat en hoe die Bybel is / God praat met jou deur die Bybel.
2. GELOOF: God sorg en jy vertrou hom / “Vertroue” in die kind se taal.
3. GEHOORSAAMHEID: Voorbeelde uit die Bybel en praktiese toepassings in hulle leefwêreld

SKRYWER
Susan Fourie het reeds verskeie boeke oor Godsdiensopvoeding gepubliseer.