Leefstyl-Bybel vir vroue

New

R650.00

Die Leefstyl-Bybel vir vroue is ‘n eerste in Afrikaans. Die teks van die 1983-Bybelvertaling word toegelig, spesiaal vir vroue, met insiggewende kommentaar
oor Bybelse gebruike, gebeure, uitsprake en voorskrifte. Die kommentaar is onder meer geskryf deur bekende en vooraanstaande Suid-Afrikaanse vroueteoloë vir vroue wat eg en stylvol gelowig wil leef – en vir mans wat belangstel wat die Bybel regtig oor vroue sê.

SKU: 9780796321299 Category:

Description

Boek

AANTAL BLADSYE: 1816

OPSOMMING: Die Leefstyl-Bybel vir vroue is ‘n eerste in Afrikaans. Die teks van die 1983-Bybelvertaling word toegelig, spesiaal vir vroue, met insiggewende kommentaar
oor Bybelse gebruike, gebeure, uitsprake en voorskrifte. Die kommentaar is onder meer geskryf deur bekende en vooraanstaande Suid-Afrikaanse vroueteoloë vir vroue wat eg en stylvol gelowig wil leef – en vir mans wat belangstel wat die Bybel regtig oor vroue sê.

Ekstra inligting sluit in:
Wonder jy ook oor …?-indeks van 345 lewensvrae van vroue
Lys van 66 Bybelboeke met temas en inleidings
Alfabetiese lys van Bybelboeke
Medewerkers en adviespaneel
Aantekeninge binne die Bybelteks
Verklarende woordelys vir die 1983-vertaling
Kitsnaslaangids – ’n tematiese indeks met gepaste Bybelstekste vir
nagenoeg elke lewensituasie
Bibliografie van geraadpleegde werke
Indeks van Agtergronde, Geloofswaarhede, Mini-Bybelstudies, Mites
oor vroue, Vroueportrette

SKRYWER
Prof. Christina Landman is die afgelope 30 jaar aan Unisa verbonde, aanvanklik as dosent in kerkgeskiedenis, en nou as navorsingsdirekteur aan die Navorsingsinstituut vir Teologie en Religie. Sy het sewe grade behaal – in teologie en klassieke tale – waarvan twee doktorsgrade is. Sy is tans ook predikant in Middelburg.