Leef in sy lig

R270.00

Nina Smit se jongste grootdruk-dagstukkieboek bevat 366 oordenkings vir elke seisoen van ’n vrou se lewe. Haar kenmerkende bemoedigende styl vol praktiese raad spoor die leser aan om bewus te wees van God se teenwoordigheid en om elke dag in sy lig te lewe

SKU: 9781415340677 Category:

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 392

OPSOMMING: Nina Smit se jongste grootdruk-dagstukkieboek bevat 366 oordenkings vir elke seisoen van ’n vrou se lewe. Haar kenmerkende bemoedigende styl vol praktiese raad spoor die leser aan om bewus te wees van God se teenwoordigheid en om elke dag in sy lig te lewe. Die temas wat sy aanraak, sluit in: God se beloftes, seëninge, die Gees se werking in jou lewe, die hemel, die voordele van geloof, vrees en swaarkry, die lewensseisoene, vergifnis, Jesus se gelykenisse, hoe om jou geloof met die wêreld te deel, en die koms van die Lig. Leef in sy lig is ’n wonderlike hulpbron om daagliks in God se liefde te leer leef. Dis die ideale geskenk vir ’n vriendin, ma, skoonma, suster of ouma, en kan saam met die Nina Smit Dagbeplanner vir die vrou 2020 gebruik word.

SKRYWER
Nina Smit is bekend vir haar talle dagboeke, kinderboeke en boeke vir vroue oor verskeie onderwerpe. Haar jongste publikasies sluit in God is aan jou kant (2018) en God is naby jou (2019). Sy is ma van drie volwasse kinders en woon in Somerset-Wes.