Kwelvrae wat tieners vra

R131.00

Wie is nou reg oor die skepping – die Bybel of die wetenskap? Wat is sonde eintlik? Is daar werklik engele en wat doen hulle? Tieners se koppe is vol vrae en op dié soekende ouderdom begin jy ook met ander oë na die Bybel en God kyk. Jimi le Roux is ’n mede-soeker en nooi jou in Kwelvrae wat tieners vra om ant-woorde in die Bybel te kry op 82 van die vrae wat in jou kop is.

SKU: 9781431613014 Category:

Description

SUBTITEL: Eerlike antwoorde oor issues waaroor jy nog altyd gewonder het

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE:  160

OPSOMMING: Jimi le Roux neem jongmense in Kwelvrae wat tieners vra terug na die Bybel vir antwoorde op húlle vra. Die boekie bevat 82 vrae wat Jimi on-der tieners bymekaar gemaak het.

Vrae wat in hierdie boek behandel word, sluit in:
• Hoekom verskil mense so erg oor die Bybel?
• Wie is nou reg oor die skepping – die Bybel of die wetenskap?
• Wie het God gemaak – hoe het hy ontstaan?
• Wat word van mense wat sterf sonder dat hulle van Christus gehoor het?
• Is daar werklik engele? Wat doen hulle?
• Wat gebeur met mense ná hulle dood?
• Hoe weet ek God praat met my?

Kwelvrae wat tieners vra is die ideale begin-punt waar tieners kan begin soek na antwoorde.

SKRYWER
Jimi le Roux is ’n lewens- en geestelike begeleier. Terwyl hy sy ordinasie by die kerk behou, is hy in die bevoorregte posisie om voltyds te doen wat in sy hart is: geestelike leiding te gee deur oordenkings, kursusse, coaching-programme asook prediking, lering en konsultasie aan ge-meentes. Hy is ook voltyds betrokke by internetbediening. Jimi het ’n MA in Bybelkunde en ’n honneursgraad in sielkunde, hy is ook ’n geakkrediteerde dosent aan die CGTS en bied vakke tot op honneursvlak aan in praktiese teologie.