Kreatiewe kopskuif

R160.00

OOK BESKIKBAAR IN ENGELS

SKRYWER: HELENEN MEYER

Kreatiewe kopskuif is ʼn leefstylgids met ʼn verskil. Daar is 90 handgetekende sketse, elk met ʼn kosgedagte waaroor jy kan nadink en ʼn praktiese wenk of stukkie raad om te volg terwyl jy jou eerste treë na ʼn gesonde leefstyl en kreatiewe kopskuiwe gee.

Om in te kleur is terapeuties. Terwyl jy die handgetekende sketse geniet, dink na oor hoe jy ʼn gesonde leefstyl ʼn langtermyn-doelwit en lewensgewoonte kan maak. Rig jou gedagtes op iets mooi en kreatief en wees konstruktief terwyl jy besluit hoe om die gedagte of wenk vir die dag prakties deel van jou lewe te maak.

Mag jy in Kreatiewe kopskuif inspirasie en motivering vind om jou lewe en gewoontes binne 90 dae positief te verander en gelukkig en gesond te leef.

Description

SUBTIEL: Fokus jou gedagtes ʼn gesonde eet- en leefstyl

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 104

OPSOMMING: Kreatiewe kopskuif is ʼn leefstylgids met ʼn verskil. Daar is 90 handgetekende sketse, elk met ʼn kosgedagte waaroor jy kan nadink en ʼn praktiese wenk of stukkie raad om te volg terwyl jy jou eerste treë na ʼn gesonde leefstyl en kreatiewe kopskuiwe gee.

Om in te kleur is terapeuties. Terwyl jy die handgetekende sketse geniet, dink na oor hoe jy ʼn gesonde leefstyl ʼn langtermyn-doelwit en lewensgewoonte kan maak. Rig jou gedagtes op iets mooi en kreatief en wees konstruktief terwyl jy besluit hoe om die gedagte of wenk vir die dag prakties deel van jou lewe te maak.

Mag jy in Kreatiewe kopskuif inspirasie en motivering vind om jou lewe en gewoontes binne 90 dae positief te verander en gelukkig en gesond te leef.

INHOUD

Waaroor gaan hierdie boek?

Kreatiewe kopskuif bied jou …

  • Kosgedagtes
  • Praktiese wenke
  • Kreatiewe sketse om in te kleur
  • #Breinkos – gedagtes vir elke dag

 Beginsels vir ‘ gesonde leefstyl

  • 5 Belangrike riglyne
  • 5 Praktiese toepassings

SKRYWER
Heleen Meyer is ʼn gekwalifiseerde huishoudkundige en sy het haarself die afgelope 20 jaar as ʼn suksesvolle en onafhanklike koskonsultant gevestig. Haar fokus is gerig op gesonde eetgewoontes ongeag of sy groepe toespreek, kosdemonstrasies doen, resepte vir ʼn opwindende projek ontwikkel of haar passie vir gesonde kos oor die radio of televisie met gehore deel.

Heleen is die skrywer van drie suksevolle resepteboeke. Nie net is haar resepte kreatief en deeglik getoets nie; sy gebruik ook alledaagse bestanddele wat almal ken. Haar resepte is maklik om te volg, interessant en gesond en laat jou soos ‘n sjef in jou eie kombuis voel.

Heleen inspireer ook graag mense om “groener” te leef en te kook ter wille van ons omgewing. Lees gerus die gereelde blogs op haar webtuiste en volg haar op sosiale media.