Koshuis

New

R260.00

Laat jou terugvoer na die jare van inblynaweke, studentepret, huistoeverlang en troospakkies beskuit onder die enkelbed. Koshuis, saamgestel deur Erns Grundling van Eldersfaam, bevat heerlike lekkerleesvertellings, komies, verspot én roerend, oor die
koshuislewe – op skool én universiteit, selfs oorsee – deur ’n verskeidenheid bydraers, insluitend reisskrywer Dana Snyman, geliefde Weg!joernalis en aanbieder Toast Coetzer, akteur en komediant Schalk Bezuidenhout, Huisgenootredakteur Yvonne Beyers, oudredakteur  aan Die Burger Bun Booyens, bekroonde romansiers Harry Kalmer en Kerneels Breytenbach, skrywers en joernaliste soos Celesté Fritze,  Theunis Strydom, Leroux Schoeman, Marnus Hattingh en Pieter van Zyl, en vele meer. Skink ’n koppie koffie, onthou weer die liedjie wat gespeel het toe jy by jou eerste huisdans gesoen is, en laat die jare terugrol!

SKU: 9780795801655 Categories: ,

Description

SUBTITEL: Storie oor die koshuislewe

AANTAL BLADSYE: 320

FORMAAT: Boek, sagteband

OPSOMMING: Laat jou terugvoer na die jare van inblynaweke, studentepret, huistoeverlang en troospakkies beskuit onder die enkelbed. Koshuis, saamgestel deur Erns Grundling van Eldersfaam, bevat heerlike lekkerleesvertellings, komies, verspot én roerend, oor die
koshuislewe – op skool én universiteit, selfs oorsee – deur ’n verskeidenheid bydraers, insluitend reisskrywer Dana Snyman, geliefde Weg!joernalis en aanbieder Toast Coetzer, akteur en komediant Schalk Bezuidenhout, Huisgenootredakteur Yvonne Beyers, oudredakteur  aan Die Burger Bun Booyens, bekroonde romansiers Harry Kalmer en Kerneels Breytenbach, skrywers en joernaliste soos Celesté Fritze,  Theunis Strydom, Leroux Schoeman, Marnus Hattingh en Pieter van Zyl, en vele meer. Skink ’n koppie koffie, onthou weer die liedjie wat gespeel het toe jy by jou eerste huisdans gesoen is, en laat die jare terugrol!

SKRYWER
Erns Grundling is ’n TVaanbieder (kykNETElders: Die Camino,Die Ware Naarheid en Via Weg! Agterpaaie)en veelbekroonde joernalis. Hy het voorheen by Weg, LitNet, Insig en Huisgenoot gewerk. Hy is oorspronklik van Port Elizabeth en woon in Kaapstad. Sy 2017reisboek
Elders, oor sy Caminostaptog, was ’n groot treffer.