Sale!

Kleuterpret – Pakket

R180.00 R140.00

Kinderprodukte ontwikkel in samewerking met Anthonie Bougas van Kleuterzone, ʼn KykNet-produksie

Die pakket bestaan uit:

Kleuterpret – My Bybelmense-inkleurboek +

Kleuterpret – Snap-kaarte

SKU: KleuterpretpakketB Categories: , , , ,

Description

FORMAAT: 1 Boeke + Snapkaarte

Kleuterpret – My Bybelmense-inkleurboek – Hierdie speelleer-aktiwiteitsboek bevat 50 selfdoen-aktiwiteite oor belangrike tekste in die Ou Testament van die Bybel. Deur hierdie aktiwiteite ontdek kinders op ʼn prettige manier die 50 belangrikste verhale in die Ou Testament. Die aktiwiteite sluit in ontdek-die-verskille, inkleurprente, vind-die-paadjie en kleur-volgens-die-nommers-in. Speel-speel leer ken kleuters en kinders baie van die verhale wat deel van ons geloof vorm.

Kleuterpret Snap-kaarte is ʼn prettige manier om deur spel vir kleuters en kinders aan 49 belangrike mense in die Bybel bekend te spel. Speel-speel leer ken hulle die mense wat ʼn belangrike rol in ons geloof speel. Die pak kaarte bestaan uit 48 Bybelmense en Jesus. Die kaarte is spesiaal gemaak om snap daarmee te kan speel. Hulle is van 0 tot 12 genommer. Die spelreëls en ʼn kaart met die Ons Vader en ons Geloofsbelydenis is by die pak kaarte ingesluit.