Kleurmeditasies vir Kerstyd

R140.00

Hierdie boek help jou met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring. Die inkleursirkels by elke geloofsgedagte nooi jou om te rus, om bewus te raak van jou gedagtes oor die geloofsgedagte en om te bid.

SKRYWER: Lisel Joubert

SKU: 9780864878656 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: ʼn Boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 96

OPSOMMING: Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy hierdie Kerstyd ʼn tyd van vernuwing wil maak. Dit help jou ook met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring.

Die geloofsgedagtes in hierdie boek fokus op die seisoen in die kerkjaar wat Advent, Kerstyd en Epifanie omsluit.

Advent is wagtyd: Ons sien uit na Jesus se eerste koms as Kind tussen ons, maar ook na sy tweede koms om alles te vervul. Kerstyd is feestyd: Ons vier die geboorte van “God by ons” en bowenal dat God mens geword het.

Epifanie is sientyd: Ons sien opnuut Jesus Christus se verskyning, sy hier-wees en sy leef-tussen-ons. Die temas van hierdie tyd van die jaar is wag, uitsien, liefde, hoop, vrede, vreugde, fees, liggaam, lig en hoop. Dit is ʼn tyd van verlange en feesvier. Die woorde van elke geloofsgedagte herinner jou aan God, die bron van alle goedheid, wat mens geword en onder ons kom tent opslaan het.

Die inkleursirkels nooi jou om te rus, om bewus te raak van jou gedagtes oor die geloofsgedagtes, om enige emosies wat na bo kom te ervaar, en om te bid.

INHOUD

  • 90 dagstukke oor temas wat by Kerstyd aansluit.
  • Temas wat in hierdie boek aangeraak word, sluit in wag, uitsien, liefde, hoop, vrede, vreugde, fees, liggaam, lig en hoop. Dit is ʼn tyd van verlange en feesvier.
  • By elke dagstuk is ʼn inkleursirkel wat lesers nooi om oor die teks na te dink en te bid terwyl hulle inkleur.

SKRYWER EN ILLUSTREERDER

Lisel Joubert is ʼn teoloog en predikant in die NG Kerk. Sy het ʼn doktors­­graad in Ou Testament verwerf. Haar pas­sie is om mense te leer hoe om die Bybel beter te verstaan en om hulle bekend te stel aan die ryk geskiedenis van die Christelike tradi­sie. Sy is betrok­ke by teologiese af­stands­on­der­rig, veral in die dissi­pline van Kerkgeskiedenis. Lisel woon in Gansbaai saam met haar man en twee kinders.

Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.