Kleurmeditasies Pakket

R560.00

Hierdie boek help jou met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring. Die inkleursirkels by elke geloofsgedagte nooi jou om te rus, om bewus te raak van jou gedagtes oor die geloofsgedagte en om te bid.

Description

SUBTITEL: ʼn Boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God.

FORMAAT: 4 Boeke

AANTAL BLADSYE: 96 per boek

OPSOMMING : Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy Pinkster ʼn tyd van vernuwing wil maak. Dit help jou met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring.

 SKRYWER EN ILLUSTREERDER
Lisel Joubert is ’n teoloog en vryskut-predikant in die NG Kerk. Sy het ’n doktorsgraad in Ou Testament verwerf. Haar passie is om mense te leer hoe om die Bybel beter te verstaan en om hulle bekend te stel aan die ryk geskiedenis van die Christelike tradisie. Sy is betrokke by teologiese afstandsonderrig, veral in die dissipline van Kerkgeskiedenis. Lisel woon in Gansbaai saam met haar man en twee kinders.
Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.