Kleurgebede vir vroue

R60.00

Hierdie inkleurboek oor 13 vroue in die Bybel nooi jou om ʼn oomblik by hulle stil te staan. Lees hulle stories, voel hulle pyn, deel in hulle vreugde, en vereenselwig jou met hulle geloof.

Description

SUBTITEL: Vroue in die Bybel, Inkleurboek vir volwassenes, Handgetekende gebedsprente

FORMAAT: A4 Boek

AANTAL BLADSYE: 32

OPSOMMING: Hierdie inkleurboek oor 13 vroue in die Bybel nooi jou om ʼn oomblik by hulle stil te staan. Lees hulle stories, voel hulle pyn, deel in hulle vreugde, en vereenselwig jou met hulle geloof. Laat hulle jou aanmoedig om jou plekkie in God se goeienuus-storie te ontdek. Mag die kleure wat uit jou potlode en penne vloei jou een maak met die vroue wat elk op hulle eie manier die veelkleurige kante van geloof in God uitgeleef het. Mag die kleurgebede vir jou ʼn wonderlike tyd van oordenking,nadink en insigte wees. Geniet God se wonderwêreld vol reënboë terwyl jy fokus, hoor en bid in volkleur.

SKYWER EN ILLUSTREERDER
Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.