Kleurgebede oor hoop  

R60.00

Psalm 23 is die hoop-psalm. Met gebed en kleur nooi Kleurgebede oor hoop jou om ʼn oomblik stil te staan by die hoop wat God gee. Mag die gebede en inkleurprente jou aandag ʼn oomblik vashou by al die fasette van God se troos en omgee, versorging en bewaring, redding en troos. Mag dit jou aanmoedig om opnuut te leef vanuit die hoop wat in jou is. Mag die kleure wat uit jou potlode en penne vloei jou bewus maak van God se genade, sorg, omgee, uitdaag en weer begin. Mag die hele palet van kleur geloof en hoop opnuut in jou lewe innooi. Mag Kleurgebede oor hoop ʼn wonderlike tyd van oordenking, nadink en insigte wees. Geniet God se wonderwêreld vol reënboë terwyl jy sien, hoor en bid in volkleur.

Description

SUBTITEL: Gebede uit Psalm 23, Inkleurboek vir volwassenes met handgetekende gebedsprente

FORMAAT: Boek

AANTAL B LADSYE: 32

OPSOMMING: Psalm 23 is die hoop-psalm. Met gebed en kleur nooi Kleurgebede oor hoop jou om ʼn oomblik stil te staan by die hoop wat God gee. Mag die gebede en inkleurprente jou aandag ʼn oomblik vashou by al die fasette van God se troos en omgee, versorging en bewaring, redding en troos. Mag dit jou aanmoedig om opnuut te leef vanuit die hoop wat in jou is. Mag die kleure wat uit jou potlode en penne vloei jou bewus maak van God se genade, sorg, omgee, uitdaag en weer begin. Mag die hele palet van kleur geloof en hoop opnuut in jou lewe innooi. Mag Kleurgebede oor hoop ʼn wonderlike tyd van oordenking, nadink en insigte wees. Geniet God se wonderwêreld vol reënboë terwyl jy sien, hoor en bid in volkleur.

SKRYWERS

Aletta Simpson is ‘n graad 12-leerder in Durbanville, Kaapstad. Vandat sy kan onthou, stel sy belang in boeke, skryfgoed, teken en skets. Dit is haar eerste publikasie. Sy het al hierdie sketse oor dae heen met die hand geteken.

Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.