Keuses wat jou iets kos

R50.44

’n Ses-weke-Bybelstudie oor Rut en Boas.  Vir kleingroepe.  Om ’n navolger van Jesus te wees, ook in die gewone gang van die lewe, kós jou. Dit is een van die temas van Rut. In dié Bybelboek lees ons van gewone mense wat in die alledaagse dinge hulle geloof op ’n besondere manier uitgeleef het. Húlle wys vir jou dat geloof in God jou lewe verander omdat dit jou laat uitreik na die mense rondom jou

Description

SUBTITEL: ’n Ses-weke-Bybelstudie oor Rut en Boas. Vir kleingroepe

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 46

OPSOMMING: In hierdie 12 studies lei Jaco Thom kleingroepe om te gesels oor hoe God betrokke raak by die lewe van mense. Rut het haar skoonma, Naomi, by gestaan en in die proses hetsy die God van Israel ontdek en het daar vir haar ’n nuwe begin.

INHOUD

Die onderwerpe van hierdie studies sluit onder meer in:

1. Keuses wat jou iets kos

2. Waarom tref die ellende party mense?

3. Iemand wat ’n verskil maak

4. Ons werk, God se werk

5. Leef met integriteit

6. ’n Naamlose losser

Hierdie ses studies oor die boek Rut sal jou geloof versterk – jou geloof in die God wat elke dag op ’n ongelooflike manier sorg en voorsien.

SKRYWER

Jaco Thom is predikant van die NG gemeente Toringkerk in die Paarl, waar hy verantwoordelik is vir die kleingroepbediening van die gemeente. Hy is getroud met Elmien, ’n orrelis en musiekonderwyser. Hulle het drie dogters. Jaco het al verskeie Bybelstudieboeke die lig laat sien, en skryf verder veral Bybelse romans.