Jy is deel van God se plan

R60.52

’n Bybelstudie oor dertien vroue in die Bybel – en hoe God se plan hulle lewe geraak het

Die Bybel is vol boeiende stories, maar die karakters is nie fiktief nie. Hulle was regte mense, net soos ek en jy. En hulle stories is in die Bybel opgeteken sodat ons uit hulle lewe kan leer, hulle foute kan vermy, en veral hulle geloofsmoed kan navolg. Bowenal is hulle stories opgeteken om vir ons te wys dat hulle nie alleen in die wêreld was nie; God was by hulle. Hy was in hulle lewe teenwoordig. God het ’n plan met hulle elkeen se lewe gehad. Hulle onderskeie stories is immers deeltjies van die ware Storie in die Bybel: die storie van God wat die mense van hierdie wêreld so liefhet dat Hy ons nie aan ons eie genade kan oorlaat nie.

Description

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 96

OPSOMMING: Die Bybel is vol boeiende stories, maar die karakters is nie fiktief nie. Hulle was regte mense, net soos ek en jy. En hulle stories is in die Bybel opgeteken sodat ons uit hulle lewe kan leer, hulle foute kan vermy, en veral hulle geloofsmoed kan navolg. Bowenal is hulle stories opgeteken om vir ons te wys dat hulle nie alleen in die wêreld was nie; God was by hulle. Hy was in hulle lewe teenwoordig. God het ’n plan met hulle elkeen se lewe gehad. Hulle onderskeie stories is immers deeltjies van die ware Storie in die Bybel: die storie van God wat die mense van hierdie wêreld so liefhet dat Hy ons nie aan ons eie genade kan oorlaat nie.

INHOUD

Voorwoord

Hoe om hierdie boek te gebruik

Jy en jou besluite

1. Eva, wat self haar besluite geneem het, maar nie met God se plan rekening gehou het nie

2. Ester, wat ’n krisis in die gesig gestaar het, maar gebid het voordat sy begin doen het

Jy en jou goed

3. Mevrou Lot, wat aan haar goed vasgeklou en daarom alles verloor het

4. Saffira, wat ander mense wou beïndruk en daarom met haar man saamgesweer het

5. Maria, wat baie lief was vir Jesus en geen koste ontsien het om dit te wys nie

Jy en jou toekoms

6. Rebekka, wat God se plan geken het, maar dit op háár manier in haar lewe wou uitwerk

7. Jogebed, wat in ’n doodloopstraat was, maar haar toekoms in die Here se hande gelaat het

Jy en jou nood

8. Marta, wat gedink het die Here het haar in die steek gelaat omdat sy nie die hele prent kon sien nie

9. Rut, wat deur ’n ramp getref is, maar verder as haar seerkry gekyk het

Jy en jou teleurstellings

10. Mikal, wat kinderloos was en verbitter geword het

11. Hanna, wat kinderloos was en haar hart voor die Here uitgestort het Jy en God se plan

12. Sara, wat nie met God se almal rekening gehou het nie en vir sy plan gelag het

13. Maria, wat met die onmoontlike gekonfronteer is, maar haar tot beskikking van die Here gestel het

SKRYWERS

Jaco Thom is predikant van die NG gemeente Toringkerk in die Paarl, waar hy verantwoordelik is vir die kleingroepbediening van die gemeente. Hy is getroud met Elmien, ’n orrelis en musiekonderwyser. Hulle het drie dogters. Jaco het al verskeie Bybelstudieboeke die lig laat sien, en skryf verder veral Bybelse romans.