Judit

R200.00

LiG-intekenaarprys: R100.00

ONTVANG 50% AFSLAG BY DIE LiG-BOEKKLUB
Koop uitgesoekte boeke teen halfprys as jy ‘n LiG-intekenaar is. 
GEBRUIK JOU INTEKENNOMMER AS KOEPON OM AFSLAG TE KRY. 

Wanneer Judit se man sterf, reageer sy met verslaentheid en woede. Haar geloof word beproef en sy moet opnuut haar doel in die lewe vind. Judit besef uiteindelik dat haar roeping daarin lê om God te ken en Hom alleen te dien en onvoorwaardelik te gehoorsaam.
Toe generaal Holofernes sy strydmagte op die Jisreëlvlakte vestig, word Judit se dorpie Betulië se voedsel – en watervoorraad afgesny. Maar Holofernes hou nie rekening met Judit se toewyding aan haar God en volk nie. Uiteindelik vervul Judit haar roeping, al is dit nie op die manier wat sy gedink het sy sal nie. ’n Gids vir Bybelstudie dra by tot die waarde van hierdie roman oor ’n geliefde en beroemde vrou uit Bybelse tye.

SKU: 9780796319500 Categories: ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 260

BESKRYWING: Wanneer Judit se man sterf, reageer sy met verslaentheid en woede. Haar geloof word beproef en sy moet opnuut haar doel in die lewe vind. Judit besef uiteindelik dat haar roeping daarin lê om God te ken en Hom alleen te dien en onvoorwaardelik te gehoorsaam.
Toe generaal Holofernes sy strydmagte op die Jisreëlvlakte vestig, word Judit se dorpie Betulië se voedsel – en watervoorraad afgesny. Maar Holofernes hou nie rekening met Judit se toewyding aan haar God en volk nie. Uiteindelik vervul Judit haar roeping, al is dit nie op die manier wat sy gedink het sy sal nie. ’n Gids vir Bybelstudie dra by tot die waarde van hierdie roman oor ’n geliefde en beroemde vrou uit Bybelse tye.

“Judit is ’n roman wat meevoer en ontroer. Dit verdien ’n plek op die boekrak van lesers wat hul graag in Bybelse romans verdiep, sowel as studente wat meer oor die onbekende geskiedenis tussen die Ou – en Nuwe Testament te wete wil kom.” Lizette Murray

SKRYWER
Lauren Jacobs-Beukman vertel graag die verlore verhale van vroue uit Bybelse tye. Sy is ’n bevestigde Messiaanse prediker met ’n
meestersgraad in berading. Lauren het ’n passie vir die bemagtiging van vroue deur stories. Sy is passievol oor haar liefde vir God en
bly in Somerset-Wes saam met haar man en haar hond Pilach.