Jesus se woorde vir mans

R201.70

Jesus se woorde staan vir altyd vas – van die dag toe Hy dit gesê het, tot vandag toe. En hierdie selfde woorde kan jou lewe radikaal verander as jy daaraan gehoor gee. Jesus se woorde vir mans is ’n sakpas-dagboek wat kort en kragtig en op die man af is – net daardie ekstra wat jy nodig het vir elke dag.

SKU: 9781431610839 Category:

Description

SUBTITEL: 366 dae saam met Jesus

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE:  392

OPSOMMING:  In die vier Evangelies lê ’n skatkis van wyshede wat Jesus self met mense gedeel het. Met Jesus se woorde vir mans daag Riekert Botha mans uit om werklik te luister na wat Jesus gesê het.

Jesus se woorde vir mans se 366 kort en kragtige boodskappe deur die bekende radio-persoonlikheid en skrywer is die ideale dagboek vir mans. Elke dagstuk begin met ʼn teksvers wat Jesus se woorde bevat waarna mans Jesus se woorde vanuit ’n nuwe perspektief sal beskou deur dit saam met Riekert te bestudeer. Temas soos reg en verkeerd, Jesus se gesindheid en vertroos-ting word bespreek. Elke dagstuk in Jesus se woorde vir mans is in bruin gedruk en word afgerond met ’n gebed vir die dag óf praktiese toepassing om Jesus se woorde te gaan lééf!

SKRYWER
Riekert Botha is ’n tentmakerleraar en was voorheen leraar van die Baptiste-gemeente op Vre-dendal in die Wes-Kaap. Riekert beskik oor die grade BTh (honneurs) van die Global University en ’n MTh van die Northwestern Theological Seminary, waar hy ook sy PhD in berading ontvang het. Riekert is die skrywer van die bekende Pleisters vir die siel- reeks wat hul oorsprong in RSG-uitsendings gehad het. Hy is getroud met Pippa en hulle het drie kinders.