Jesaja 28 – 39

New

R150.00

Die Here kla die nasies én sy volk aan. Wat is die aanklag? Onreg! Onreg het verskillende gedaantes. Dié wat hulle aan onreg skuldig maak, pluk die een of ander tyd die vrugte daarvan. Soos hoogmoed, kom ook onreg tot ʼn val.

Dié wat ly as gevolg van onreg, kan weet dit gaan nie ongesiens verby nie. Soos water in die woestyn en strome in die wildernis, is die Here by sy mense. In goeie én moeilike omstandighede is Hy ons lafenis.

SKU: 9780864879042 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: Water in die woestyn. Jesaja se woorde weer en weer oorvertel en neergeskryf. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe

FORMAAT: Boek

AANTAL BALDSYE: 114

OPSOMMING: Die Here kla die nasies én sy volk aan. Wat is die aanklag? Onreg! Onreg het verskillende gedaantes. Dié wat hulle aan onreg skuldig maak, pluk die een of ander tyd die vrugte daarvan. Soos hoogmoed, kom ook onreg tot ʼn val.

Dié wat ly as gevolg van onreg, kan weet dit gaan nie ongesiens verby nie. Soos water in die woestyn en strome in die wildernis, is die Here by sy mense. In goeie én moeilike omstandighede is Hy ons lafenis.

INHOUD

Agtergrond en inleiding

  1. Hoogmoed kom tot ’n val (Jes 28:1-29)
  2. ’n Einde aan onreg (Jes 29:1-24)
  3. Genade kring wyd uit (Jes 30:1-33)
  4. Géén vergelyking óf bedreiging (Jes 31:1-9)
  5. Dwaas of wys? (Jes 32:1-20)
  6. Wat ons nooit verloor nie (Jes 33:1-24)
  7. Onreg is die aanklag (Jes 34:1-17)
  8. Op pad met die Here (Jes 35:1-10)
  9. Vertrou jy? (Jes 36:1-22)
  10. Perspektief kom met tyd (Jes 37:1-38)
  11. Die Here se “maar” (Jes 38:1-22)
  12. Op die Here alleen! (Jes 39:1-8)

SKRYWERS
Fanie Cronjé het die navorsing vir hierdie Bybelstudie gedoen en oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek. Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.

.