Jesaja 13 – 27

New

R120.00

Vanuit sy verhouding met die Here het Jesaja op ʼn sekere manier na die wêreld gekyk, dit geïnterpreteer en dan gesê: “So sê die Here …” Hierdie paar hoofstukke in die boek Jesaja word gekenmerk deur Godsprake oor die nasies. Hierdie uitsprake is aan Juda gerig en was bedoel om vir hulle perspektief te gee.

Die boodskap vir Juda – én eeue later ook vir ons – is dat maghebbers nie onbepaald kan aanhou maak en breek soos húlle wil nie. Die Here laat onreg nie ongesiens verbygaan nie.  Die Here is ʼn rots en toevlug vir ons wat in goeie én slegte tye in ʼn verhouding met Hom leef.

SKU: 9780864879035 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: ʼn Wêreld in warboel. Jesaja se woorde onthou en weer en weer oorvertel. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe

FORMAAT: Boek

AANTAL BALDSYE: 114

OPSOMMING:  Vanuit sy verhouding met die Here het Jesaja op ʼn sekere manier na die wêreld gekyk, dit geïnterpreteer en dan gesê: “So sê die Here …” Hierdie paar hoofstukke in die boek Jesaja word gekenmerk deur Godsprake oor die nasies. Hierdie uitsprake is aan Juda gerig en was bedoel om vir hulle perspektief te gee.

Die boodskap vir Juda – én eeue later ook vir ons – is dat maghebbers nie onbepaald kan aanhou maak en breek soos húlle wil nie. Die Here laat onreg nie ongesiens verbygaan nie.  Die Here is ʼn rots en toevlug vir ons wat in goeie én slegte tye in ʼn verhouding met Hom leef.

Jesaja se boodskap vir ons is: Die Here gee nie net om vir Juda nie. Sy hart klop warm vir al die nasies en volke van die aarde. Ook vir ons hier aan die suidpunt van Afrika.

INHOUD

Agtergrond en inleiding

  1. Verby en vergete (Jes 13:1-22)
  2. Rus en vrede (Jes 14:1-32)
  3. Vol hoop (Jes 15:1-9)
  4. Die Here huil (Jes 16:1-14)
  5. Here, help! (Jes 17:1-14)
  6. Die Here sit rustig en kyk (Jes 18:1-7)
  7. My volk, my maaksel, my eiendom (Jes 19:1-25)
  8. ’n Preek sonder woorde (Jes 20:1-6)
  9. Vertrou op die Here! (Jes 21:1-17)
  10. By omdraai verby (Jes 22:1-25)
  11. Vernietiging en herstel (Jes 23:1-18)
  12. Dieselfde lot tref almal (Jes 24:1-23)
  13. ’n Feesmaal vir die nasies (Jes 25:1-12)
  14. Twee paaie (Jes 26:1-21)
  15. Die Here sê … (Jes 27:1-13)

SKRYWERS
Fanie Cronjé het die navorsing vir hierdie Bybelstudie gedoen en oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek. Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.