Jaap Durand praat oor eenheid, versoening en geregtigheid (e-Boek)

R121.05

Sagteband-weergawe ook beskikbaar

Al is Jaap Durand ’n skrywer en spreker met ’n groot getal publikasies agter sy naam, is dié versamelingbundel uniek in opset en inhoud. Sy kinders het voorgestel dat so ʼn bundel saamgestel word om saam te val met sy 80ste verjaardag in 2014.

Soos die boektitel suggereer, weerspieël hierdie bundel temas wat Jaap Durand vir meer as 40 jaar passievol bedink en nagestreef het: die eenheid van die kerk, versoening tussen mense en dat geregtigheid sal geskied. Dit is dan ook die temas wat in die Belydenis van Belhar ’n sleutelrol speel.

Description

SUBTITEL: Jaap Durand praat oor eenheid, versoening en geregtigheid

FORMAAT: Elektroniese boek in die e-Pub formaat.

AANTAL BLADSYE: 244

OPSOMMING: Al is Jaap Durand ’n skrywer en spreker met ’n groot getal publikasies agter sy naam, is dié versamelingbundel uniek in opset en inhoud. Sy kinders het voorgestel dat so ʼn bundel saamgestel word om saam te val met sy 80ste verjaardag in 2014.

Soos die boektitel suggereer, weerspieël hierdie bundel temas wat Jaap Durand vir meer as 40 jaar passievol bedink en nagestreef het: die eenheid van die kerk, versoening tussen mense en dat geregtigheid sal geskied. Dit is dan ook die temas wat in die Belydenis van Belhar ’n sleutelrol speel.

Hoewel dié bundel temas direk en indirek met die Belydenis van Belhar verband hou, word dit nie daardeur omlyn of beperk nie. Die bundelopset is veel wyer. Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van die kerk – en uiteraard, óók oor die vraag na eenheid, versoening en geregtigheid.

In Deel I ontmoet ons Jaap Durand wat ’n terugblik gee oor veral kerklike ervarings van die afgelope vyf dekades.
In Deel II is die pastor-prediker aan die woord. Die keur van preke wat gekies is, hou telkens verband met geregtigheid, versoening, eenheid en hoop.
In Deel III ontmoet ons die akademikus en denker-teoloog. In enkele artikels en lesings dink hy na oor belydenis in die algemeen en die Belydenis van Belhar in die besonder, en hy skryf oor ʼn paar knellende vrae.

Durand se skryfstyl word gekenmerk deur weerlose eerlikheid, humor, vlymskerp standpuntstelling, fyn onderskeiding en opregtheid.

INHOUD

Jaap 80! – ’n Boodskap van sy kinders

Voorwoord deur Danie du Toit (redakteur)

Deel I: Die storie agter die storie
1. My pad na Belhar
2. Dominee Dirkie se belydenis

Deel II: Die evangeliese perspektief
1. Eenheid
Die Here van heerlikheid – Jakobus 2:1
Stad sonder mure – Sagaria 2:4-5
Belhar en die gemeenskap van gelowiges – Efesiërs 3:18
Eenheid sonder gradering – Efesiërs 4:1

2. Versoening
Pinkster uit God se regterhand – Handelinge 2:33
Die altaar kan wag – Matteus 5:23-24
Reconciliation and restitution – Luke 19:1-10
Belhar without love? – 1 Corinthians 13:3

3. Geregtigheid
Aandag vir die mens – Johannes 19:5; 1 Petrus 2:21
Wat vra God vandag van ons? – Hebreërs 3:13; 2 Korintiërs 5:17
Haweloses tuis by God – Johannes 14:1-3, 18-20; 2 Korintiërs 5:1-2; Kolossense 3:3
God van die ellendiges – Jesaja 57:15

4. Hoop
God se rugkant – Eksodus 33:15-23
A new beginning in hope – Ephesians 3:17-19
Hoop en toekoms – Genesis 11:31 – 12:1; Spreuke 24:14; Hebreërs 11:8-10
Dis Gees maak heel wat stukkend is – Genesis 1:1; Openbaring 21:1
In God se hand – Psalm 31:6, 16
Liturgie van die lewe – Psalm 111:1, 4; Lukas 24:30

Deel III: Die denke onderliggend aan die Belharbelydenis
1. ‘n Belydenis – was dit werklik nodig?
2. Belhar – krisispunt vir die NG Kerke
3. Belydenis en integriteit
4. Is daar ’n weg uit die huidige kerkherenigingskrisis?
5. The church – vehicle of hope
6. Hoe my gedagtewêreld verander het
7. Theology in South Africa today
8. Die moed om oor God te praat
9. Volkskerk en die eenheid van die kerk

Bylae 1: Die Belharbelydenis
Bylae 2: Begeleidende brief by die Belharbelydenis

SKRYWER

Jaap Durand, gebore in Oranjeville in die Vrystaat, het Filosofie en Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat, die Universiteit Stellenbosch en die Vrije Universiteit van Amsterdam studeer.

As predikant het hy op Cala in die Transkei en in die gemeente Kwazakhele in Port Elisabeth gewerk. Hy het gedien as moderator van die Streeksinode Kaapland en as aktuarius van die Algemene Sinode van die destydse NG Kerk in Afrika.

Jaap was as professor en viserektor aan die Universiteit van die Wes-Kaap verbonde. Hy was ook die voorsitter van die Wes-Kaapse Vredeskomitee in die tyd wat die 1994-verkiesing voorafgegaan het.

Hy het op uitnodiging talle lesingtoere na die VSA, Nederland, Duitsland en Rusland onderneem. Die Golden Globe Dove of Peace Award, die Totius-medalje vir Teologie en verskeie ander toekennings en eredoktorsgrade is aan hom toegeken.

Jaap is getroud met Sonja. Hulle woon op Stellenbosch en het saam ses kinders en dertien kleinkinders.