Jaap Durand boekpakket

R370.00

Spesiale aanbod: Jaap Durand boekpakket

Prof Jaap Durand is ’n gerespekteerde teoloog en skrywer. Hy het al verskeie teologiese werke die lig laat sien en talle pryse en toekennings vir sy werk ontvang. Verskeie universiteite het eredoktorsgrade aan hom toegeken vir sy bydrae tot die teologie.

Description

Die pakket bestaan uit:

Godsgeheim  (NUUT)
Normale prys: R160.00

Om as Christen te glo, is nie ʼn eenvoudige saak nie. Dit kom nie vanself nie. Dit bly ʼn worsteling. Jaap Durand deel in hierdie boek die verhaal van wetenskap en mistieke geloof. Sy boek is in werklikheid ʼn belydenis; die belydenis dat hy ʼn diep bewondering het vir dié wat met die mistiek van ʼn Christelike geloof die wêreld van die wetenskap betree.

Jaap Durand praat oor eenheid, versoening en geregtigheid
Normale prys: R160.00

Hierdie bundel bevat ‘n keur uit die preke en skryfwerk oor temas was vir Jaap Durand tot die hart van die evangelie behoort: die eenheid van die kerk, versoening tussen mense, en dat geregtigheid sal geskied.

Evolusie, wetenskap en geloof
Normale prys:R190.00

Teilhard de Chardin probeer om ‘n sintese tussen evolusieteorieë van sy tyd en die Christelike teologie te bewerkstellig.  Jaap Durand gee ‘n omvattende inleiding tot die lewe en werk van De Chardin en van sy teologiese verstaan van evolusie.