Akkerpret in Bybelpark – DVD 2 – God is almagtig

R100.00

Hier’s die opvolg op die treffer Akkerpret in Bybelpark (DVD 1)! Soos met die eerste DVD het ons hier te doen met prettige poppeteater wat die jongspan help om God lief te hê. ‘n Spannetjie pop-karakters vertolk die rolle in agt stories. Die stories het name soos “Bielie kom sy moses teë”, “Frikkie en Frederik verdwyn”, “Die vriendelike skelm” en “Die selfoontjie”. Dit klink na episodes uit ’n kind se lewe, maar dit bevat belangrike sedelesse. ‘n Boekie met toonkrul-lekker liedjies vergesel die DVD. Geskik vir kinders 3-8.

SKU: 9781869060244 Categories: ,

Description

FORMAAT: DVD

OPSOMMING: In hierdie DVD leer die kykers die karakter van God ken en hoe sy karakter al meer in ons kan groei soos wat ons aan Hom gehoorsaam is. Ons kan liefhê omdat Hy liefde is. Ons kan genade betoon aan ander, omdat ons vergewe is. Ons leer ook oor vergifnis en die krag van onvoorwaardelike liefde. Die verhaaltjies kweek aanvaarding en respek vir die self en vir ander.

INHOUD

Storie 1: Bielie kom sy moses teë (Vergelding) Lied:Die boelie-liedjie

Storie 2: Frikkie en Frederik verdwyn (Beskerming) Lied: Mure, heinings en drade

Storie 3: Die vriendelike skelm (Veilig by God) Lied:Die vlug-liedjie

Storie 4: Markdag in Bybelpark (Skuilplek by God) Lied: Die wegkruipplek

Storie 5: Die Pret-draf (Standvastigheid) Lied: Die rots-liedjie

Storie 6: Die haelstorm (Skild) Lied: Die beste plek

Storie 7: Frikkie se bloedneus (Beskerming) Lied: Onder Sy vlerk

Storie 8: Die selfoontjie (Eerbaarheid) Lied: Reg en verkeerd