In Mamelodi het ek my God gevind

R220.00

In Mamelodi leer Nico en Ellen die hart van die township se mense ken, en beleef swaarkry saam met hulle. Hulle leer wat dit beteken om swart te wees in Suid-Afrika onder apartheid. Hulle leer ’n ander God ken, nie die God van Nico se vaders nie, maar die God van die verworpenes en die verdruktes. Nico het nooit geglo dat hy ’n heldedaad verrig het nie – hy het bloot gedoen wat sy gewete aan hom voorgeskryf het.

SKU: 9780796321152 Category:

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 288

BESKRYWING: “There are times, persons and events on which and whom only history will pass final judgement. All that remains for the individual to do is to report on what he has seen and heard.”

In 1982 ontvang Nico Smith ’n beroep na die NG Kerk in Afrika se Mamelodigemeente. Tot die gemeente se verbasing (en sy eie) aanvaar hy die beroep. Hy en sy vrou Ellen, ’n gerekende kinderpsigiater, laat hulle gemaklike lewe in Stellenbosch agter en gaan bly vir eers in Meyerspark. Later besef hulle dat as hulle rêrig hulle gemeentelede se vertroue wil wen, hulle in Mamelodi self moet gaan bly.

In Mamelodi leer Nico en Ellen die hart van die township se mense ken, en beleef swaarkry saam met hulle. Hulle leer wat dit beteken om swart te wees in Suid-Afrika onder apartheid. Hulle leer ’n ander God ken, nie die God van Nico se vaders nie, maar die God van die verworpenes en die verdruktes. Nico het nooit geglo dat hy ’n heldedaad verrig het nie – hy het bloot gedoen wat sy gewete aan hom voorgeskryf het.

SKRYWER
Nico Smith (1929–2010) was ’n predikant in die NG Kerk en ’n teenstander van apartheid. Hy is in 1982 na Mamelodi beroep en het tot
in die vroeë 90’s daar diens gedoen, en ook daar gewoon. Hy was getroud met Ellen, ’n gerekende kinderpsigiater, en het drie dogters,
vyf kleinkinders en een agterkleinkind gehad.