Homoseksualiteit En Die Bybel 

R182.00

Homoseksualiteit en die Bybel is gebore uit die navorsing deur twee behoudende Bybelwetenskaplikes wat vra wat die Bybel oor selfdegeslagverhoudings en intimiteit sê.Proff Jan du Rand en Marius Nel neem die leser op ’n reis deur die Ou en Nuwe Testament, en selfs in die breër gemeenskap waarbinne Israel en die eerste kerk geleef het, om te probeer verstaan wat die Bybel oor selfdegeslagverhoudings leer. Hulle ondersoek hoekom ons na die Bybel moet luister en ook hoe die heersende denke die verstaan van die Bybel beïnvloed.

SKU: 9781431616336 Categories: ,

Description

SUBTITEL: ‘n Gids tot die verstaan van homoseksualiteit

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 264

OPSOMMING: ’n Bybelse gids tot die verstaan van homoseksualiteit. Wat sê die Bybel régtig oor selfdegeslagverhoudings? Is die Bybel verkeerd vertaal of verstaan ons nou skielik verkeerd? En hoe gemaak met homoseksuele persone in die kerk?

Homoseksualiteit en die Bybel is gebore uit die navorsing deur twee behoudende Bybelwetenskaplikes wat vra wat die Bybel oor selfdegeslagverhoudings en intimiteit sê.Proff Jan du Rand en Marius Nel neem die leser op ’n reis deur die Ou en Nuwe Testament, en selfs in die breër gemeenskap waarbinne Israel en die eerste kerk geleef het, om te probeer verstaan wat die Bybel oor selfdegeslagverhoudings leer. Hulle ondersoek hoekom ons na die Bybel moet luister en ook hoe die heersende denke die verstaan van die Bybel beïnvloed.

Homoseksualiteit en die Bybel is ’n eerlike en op­regte soeke na Bybelse antwoorde en sal lesers opnuut bewus maak van God se liefde en genade.

SKRYWER
Jan du Rand is nasionaal en internasionaal bekend as ’n Nuwe-Testamentiese vakspesialis op die gebied van die Johannese geskrifte en Bybelse eskatologie. Hy het al talle boeke en artikels gepubliseer, en ook verskeie toekennings ont­vang, onder andere die Andrew Murray-prys, die Pieter van Drimmelen-medalje vir teologie en die Eeufees­medalje van die Universiteit van die Vrystaat. Hy is buitengewone professor in Nuwe Testament aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, en professor-emeritus in Nuwe Testament aan die Universiteit van Johannes­burg en lewer wêreldwyd referate. Jan en sy vrou, Anneli, is geseën met drie dogters, asook klein­kinders.

Marius Nel is bestuurder van TabernaDei-Akademie, ’n oopleersentrum van Noordwes-Universiteit in Polokwane, waar hy ook een van die pastore van die AGS-gemeente is. Hy het onlangs sy vierde doktorsgraad in Nederland verwerf, hierdie keer in Nuwe Testament. Hy is getroud met Mariet en hulle het drie kinders.