Help! Ek verloor my geloof!

New

R130.00

Baie stemme gaan op wat mense laat twyfel aan die bestaan van God en die betroubaarheid van die Bybel. Hierdie boek is ‘n lekkerlees navorsingsboek oor die Bybel, wie Jesus regtig is, en, God die Skepper en die mens – alles in een boek, in Afrikaans!

SKU: 9781920648220 Category:

Description

SUBTITEL: Sekerheid as jy Twyfel.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 177 plus bronnelys van 25 bladsye.

OPSOMMING: Die Bybel is enig in sy soort en bestaan vandag nog ten spyte van aanslae om dit te verbied en om die waarheid daarvan te betwyfel.

Argeologiese opgrawings bevestig die bestaan van plekke en mense sowel as gebeure in die Ou en Nuwe Testament. Wetenskaplikes soos R.D. Wilson wat 45 tale en en dialialekte geken het, het ou geskrifte vertaal en ook daaruit bevestiging van die Bybelse geskiedenis gekry.

Die tweede hoofstuk handel oor Jesus, Sy lewe en sterwe op aarde, asook Sy opstanding.

Profesieë van honderde jare voor die Verlosser wat sou kom, is almal vervul in Jesus Christus en is vir ons ’n groot sekerheid dat Hy wel die Seun van God is.

Jesus self het ook Sy dood en opstanding vooraf geprofeteer asook die vernietiging van Jerusalem.

Voormalige kritici het, deur eerlike navorsing, onomstootlike bewyse gekry van Jesus se lewe, dood en opstanding.

Die derde hoofstuk handel oor die Skepper en die mens. Die verskillende sieninge oor die ontstaan van die heelal word beskryf en die uniekheid van die aarde bevestig.

Pioniers van die wetenskap soos Sir Isaac Newton, Galileo sowel as moderne wetenskaplikes soos dr. Wernher von Braun, hoof van NASA se vuurpylonwikkeling vir die maanlandings, Owen Gingerich, Harvard sterrekundige en Francis Collins, tans leier van die “Human Genome Project” in die VSA getuig almal van hulle geloof en verhouding met die Skepper God.

Die leser word verseker dat God wel bestaan en word uitgenooi om in ‘n persoonlike verhouding met Hom te lewe.

SKRYWER

Marietjie Ackermann was ’n onderwyseres wat reeds vir meer as 35 jaar Bybelstudie aangebied het. Sy het vir 10 jaar berading gedoen by dr. Rodney Seale se Jeugkampe en was vir 6 jaar voltydse berader by Laerskool Hennopspark. Sy tree ook op as spreker by naweekkampe vir Dames en ander byeenkomste in gemeentes.

Kommentaar op die agterblad.

Dr. Johan Smith:  “Die wonderlike waarhede in hierdie boek sal enige mens ’n kompas gee” Udo Karsten:  “Dit is beide kennisverruimend en geloofsvesterkend.”