Hart vir Hillbrow

R110.00

Hart vir Hillbrow is ʼn getuienis van Elise Bosch se geloof, hoop en haar onwankelbare liefde vir God en vir mense – die mense van Hillbrow.

Elise skryf al jare lank haar stories oor die swaarkry-mense van Hillbrow vir LiG. Sy vertel vir ons van die lief en die leed van hierdie mense met wie sy elke dag te doen kry.

Description

SUBTITEL: Swaarkry-mense se verhale van hoop

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 104

OPSOMMING: Hart vir Hillbrow is ‘n getuienis van Elise Bosch se geloof, hoop en haar onwankelbare liefde vir God en vir mense – die mense van Hillbrow.

Elise skryf al jare lank haar stories oor die swaarkry-mense van Hillbrow vir LiG. Sy vertel vir ons van die lief en die leed van hierdie mense met wie sy elke dag te doen kry.

Die trane lê dikwels vlak wanneer ʼn mens haar stories lees. Juis omdat dit regte mense se stories is. Mense wat omstandighede en uitdagings trotseer waarvan die gemiddelde mens min weet.

Tog behou Elise haar sprankel en humor binne soms hooplose omstandighede. Sy vertel die stories so boeiend dat ons naderskuif om met ons ore én ons harte te luister.

Mag hierdie bundel verhale jou so diep raak dat jy sal besef daar is mense wat ʼn soort swaarkry beleef wat vir ons moeilik is om te begryp. En mag dit jou aanspoor om self ʼn hand uit te steek om te help waar daar nood is.

INHOUD
Voorwoord deur Francine van Niekerk

  • Presies hoe lyk genade?
  • Rina en Phillip
  • Die verjaardagbokse
  • Die tweede myl
  • Lammie se rooi Valentyn
  • Geen toeval
  • Dirkie
  • Net ʼn bietjie dignity, asseblief!
  • Asblikdag
  • Die naamlose
  • Die pop
  • Romeo en Juliet in Hillbrow
  • Weerloos
  • ʼn Kitaar vir Kevin
  • Armoede en rykdom
  • ʼn Bodemlose put
  • Net maar my kind …
  • Minatjie, haar mamma, en die tannie
  • Beate se Sondae
  • Tannie Samaritaan
  • Wonderwerke … en tragedies
  • Frikkie die “gelukbringer”
  • Verlang gaan nie weg nie
  • Wanneer asblik-kinders verjaar
  • Om op ʼn wonderwerk te wag
  • Oom Ben
  • ʼn Besoeker in November
  • Die papiertjie
  • Die brief
  • Die dag ná Kersfees …

SKRYWER
Elise Bosch werk in Hillbrow waar sy talle verwaarloosde en swaarkry-mense op verskillende maniere help. Elise is ʼn besonderse storievertellers wat mense se harte aanraak, en daarom ook ʼn gewilde rubriekskrywer vir LiG.