Graad 2 – Leiersgids – Ek is deel van God se groot verhaal

R85.00

HERSIENBARE WEERGAWE

Voorheen Handboek vir die kategeet – Graad 2

Die reeks Kennis-kategese vervang die bekende reeks boeke wat deur die Kategese-taakspan van die Sinode ontwikkel is. Kennis-kategese is vir gemeentes wat kies om in hulle kategese bewustelik op die oordrag van inhoud (kennis) te fokus.

Die volledige reeks boeke sal met verloop van drie jaar verwerk, bygewerk en vernuwe word. Die temas wat in elke boek aangeraak word, bly presies dieselfde. Die aanbieding van die ontmoetings is vereenvoudig en die Doenboek is verwerk sodat hedendaagse jongmense daarby aanklank kan vind.

Graad 2 Leiersgids word gebruik saam met Graad 2 Doenboek.

SKU: 9781920089764 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Voorheen Handboek vir die kategeet – Graad 2

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 52

OPSOMMING: Die leiersgids bevat 18 ontmoetings om kinders van graad 2 te begelei om ʼn ontmoeting met God te hê, meer van die Bybel te leer en elke dag vir die Here te leef.

Elke ontmoeting gaan oor ʼn spesifieke onderwerp soos die skepping, Lydenstyd, Paasfees, die aartsvaders en Jesus se lewe.

By elke ontmoeting is daar ʼn aktiwiteit wat die kinders tydens die kategese-byeenkoms of by die huis kan doen.

In die Doenboek wat saam met hierdie leiersgids gebruik word, is daar ook elke week ʼn inkleurprent vir die kinders wat by die onderwerp van die ontmoeting aansluit.

Graad 2 Leiersgids word gebruik saam met Graad 2 Doenboek.

Unieke verkoopspunte

  • Spesifiek ontwikkel vir kategese deur die Kategese-taakspan van die Sinode
  • Leiersgids bevat die volledig uitgewerkte aanbieding van elke ontmoeting
  • Die Doenboek vir die jongmense is aangepas met aktiwiteite wat by hulle moderne leefstyl inpas

INHOUD

Die leiersgids bestaan uit 18 ontmoetings wat soos volg ingedeel word:

  • Dit begin met ʼn ontmoeting waar die kinders verwelkom en die nodige administratiewe sake afgehandel word.
  • Daar is daar twee ontmoetings oor die skepping:
  • God maak die plante en die diere
  • Noag en die nuwe begin
  • Dit word gevolg deur twee ontmoetings oor die aartsvaders:
  • Abraham leer om te vertrou
  • Moses is bang, maar die Here gebruik hom steeds
  • Daar is ontmoetings wat spesifieke oor die feestye van die kerkjaar handel:
  • Jesus vergewe (Lydenstyd)
  • Jesus leef (Opstanding)
  • Jesus maak vir ons plek (Hemelvaart)
  • Getuies vir Jesus (Pinkster)
  • Dit word opgevolg deur ʼn paar ontmoetings oor hoe God is:
  • God doen wat Hy belowe
  • Vertrou op God
  • God hoor ons gebede
  • God is uniek
  • Dan is daar ontmoetings oor Jesus:
  • Volgelinge van Jesus
  • Jesus is die sterkste
  • Jesus beskerm en gebruik ons
  • Aan die einde van die jaar is daar twee ontmoetings oor Kersfees:
  • Jesus word vereer
  • Gee vir ander

Elke ontmoeting sluit af met gebedstyd.

SKRYWER

Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.