Graad 1 – Leiersgids – Ek is deel van God se groot verhaal

R80.00

HERSIENBARE WEERGAWE

Voorheen Handboek vir die kategeet – Graad 1

Die reeks Kennis-kategese vervang die bekende reeks boeke wat deur die Kategese-taakspan van die Sinode ontwikkel is. Kennis-kategese is vir gemeentes wat kies om in hulle kategese bewustelik op die oordrag van inhoud (kennis) te fokus.

Die volledige reeks boeke sal met verloop van drie jaar verwerk, bygewerk en vernuwe word.

Die temas wat in elke boek aangeraak word, bly presies dieselfde.

Die aanbieding van die ontmoetings is vereenvoudig en die Doenboek is verwerk sodat hedendaagse jongmense daarby aanklank kan vind.

SKU: 9781920089627 Categories: , , ,

Description

SUBTITEL: Voorheen Handboek vir die kategeet – Graad 1

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 52

OPSOMMING: Die leiersgids bevat 21 ontmoetings om kinders van graad 1 te begelei om ʼn ontmoeting met God te hê, meer van die Bybel te leer en elke dag vir die Here te leef. Elke ontmoeting gaan oor ʼn spesifieke onderwerp soos die skepping, Lydenstyd, Paasfees, die aartsvaders en Jesus se lewe. By elke ontmoeting is daar ʼn aktiwiteit wat die kinders tydens die kategese-byeenkoms of by die huis kan doen. In die Doenboek wat saam met hierdie leiersgids gebruik word, is daar ook elke week ʼn inkleurprent vir die kinders wat by die onderwerp van die ontmoeting aansluit.

Graad 1 Leiersgids word gebruik saam met Graad 1 Doenboek.

Unieke verkoopspunte

  • Spesifiek ontwikkel vir kategese deur die Kategese-taakspan van die Sinode
  • Leiersgids bevat die volledig uitgewerkte aanbieding van elke ontmoeting
  • Die Doenboek vir die jongmense is aangepas met aktiwiteite wat by hulle moderne leefstyl inpas

INHOUD
Die doenboek bestaan uit 21 ontmoetings wat soos volg ingedeel word:

  • Dit begin met ’n ontmoeting waar die kinders verwelkom word en waar die nodige administrasie afgehandel word.
  • Daar is ’n aantal ontmoetings oor die skepping:
  • God het alles goed gemaak
  • God het my wonderlik gemaak
  • Dan is daar ontmoetings wat spesifiek oor die feestye van die kerklike jaar handel:
  • Koninkrykstyd
  • God kyk anders
  • Lydenstyd
  • Jesus, die anderste Koning
  • Sing en sing en sing dan saam
  • Paasfees
  • Jesus word gekruisig
  • Jesus leef!
  • Die evangelie in kleur
  • Hemelvaart
  • Hemel toe
  • Pinkster
  • Veels geluk, liewe kerk
  • Met die Gees in ons
  • Dit word opgevolg met ’n aantal ontmoetings oor die aartsvaders:
  • Verbondskind
  • Wees ʼn seën
  • God sorg
  • Moenie bang wees nie
  • Dan is daar ’n ontmoeting oor die ballingskap:
  • Daniël en die leeus
  • Aan die einde van die jaar gee ons aandag aan Jesus se lewe:
  • Luister en doen
  • Min vir baie
  • Jesus is lief vir my
  • Jesus word gebore (Kersfees)

Elke ontmoeting sluit af met gebedstyd.

SKRYWER
Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.