GodStories en GodsLiedjies

R150.00

Godstories en Godsliedjies leer kinders speel-speel Bybelse waarhede en dat God altyd daar is en baie lief vir hulle is. Bertha le Roux vertel stories uit die Bybel aan kinders en nooi hulle om deel te word van die vertellings, saam met haar te sing en dans en lekker kreatief te reek in die kunsvlyt afdeling. Bybelstodies was nog altyd soveel pret!

SKU: LBMD105 Categories: ,

Description

FORMAAT: DVD met bonus CD

OPSOMMING: Bertha le Roux (ook bekend as Emma van 7de Laan) is sedert 1998, na afloop van haar studies, betrokke by kinder¬teater en kinderproduksies. Sy was al op meer as 40 tydskrif voorblaaie waaronder Huisgenoot, Finesse en Sarie en in 2011 is sy genomineer as een van Finesse se top 10 Inspirasie vrouens. Bertha is ook ma van 2 dogtertjies en hulle was haar inspirasie om die GodStories & GodLiedjies projek aan te pak.
“My twee dogtertjies is mal daaroor om in die kar na lofliedere te luister en ons sing uit volle bors saam. My jongste, Brioné, het dit GodLiedjies gedoop. Ek het die afgelope paar jaar in my verhouding met God gegroei en die idee om GodLiedjies te doen het letterlik uitgeborrel uit my liefde vir God en my liefde vir kinders (veral my eie). Ek wou ‘n produk skep wat kinders se geloof sal help groei en dalk, soos met my, hulle ouers se kinderlike geloof weer terug te bring.”
Die GodStories & GodLiedjies produk bestaan uit 3 Bybel stories, 6 liedjies met insetsels om die kinders die liedjies en eenvoudige bewegings daarmee saam te leer en 3 kunsvlyt insetsels. Bertha vertel die stories aan kinders en nooi hulle om deel te word van die vertellings en saam met haar te sing en dans. GodStories & GodLiedjies leer kinders speel-speel Bybelse waarhede en dat God altyd daar is en baie lief vir hulle is.

INHOUD
DVD:
1. Die Skepping
2. Naog se ark
3. Daniël in die leeukuil
4. Kunsvlyt Insetsels en liedjieleer-pret

BONUS CD:
1. Een, twee, drie, vier
2. DIe Skepping
3. Elke haartjie op sy plek
4. Reënboog
5. Jesus se opskop
6. Daniël
7. My God is so lief

SKRYWER
Bertha Le Roux