God, waarom lyk die wêreld so?

R182.00

6 miljoen Jode sterf tydens die Tweede Wêreldoorlog in konsentrasiekampe. Dekades later sterf 230 000 mense ná ’n tsunami. Waar was God? Hoekom het Hy dit toegelaat? Hierdie is nie nuwe vrae nie. Die mens wonder altyd oor swaarkry en God se betrokkenheid daarby. Adrio König bied in God, waarom lyk die wêreld so? vir lesers insig in die verskillende standpunte wat al deur die eeue hieroor gehuldig is. Hy wil nie hê  ons moet mekaar met leë woorde troos nie, maar besef dat God ons nooit verlaat nie en saam met ons in ons hartseer is. Hierdie boek, met sy ware verhale en fotobylaag, sal jou hart aanraak.

SKU: 9781431615223 Category:

Description

SUBTITEL: Wat beteken dit om te sê God is in beheer?

FORMAAT: Beok

AANTAL BLADSYE: 260

OPSOMMING: Besef dat God ons nooit verlaat nie en saam met ons in ons hartseer is. 6 miljoen Jode sterf tydens die Tweede Wêreldoorlog in konsentrasiekampe. Dekades later sterf 230 000 mense ná ’n tsunami. Waar was God? Hoekom het Hy dit toegelaat? Oor die eeue wonder mense oor swaarkry en hoe ons moet dink oor God se betrokkenheid daarby. Adrio König kyk in God, waarom lyk die wêreld so?na teorieë van teoloë soos Calvyn en Arminius, wat
geredeneer het oor of God die kwaad net toelaat, of beskik. Die eerste hoofstuk van God, waarom lyk die wêreld so? vertel ware verhale van mense wat van die geskiedenis se grootste gruwels beleef het, byvoorbeeld die groot Jodeslagting (Holocaust) van die Tweede Wêreldoorlog wat ’n agtergrond bied waarteen die boek gelees kan word. Die boek sluit ook af met ’n bylaag swart-en-wit foto’s.  Op die ou end kan ons net weet: Ons verstaan dikwels nie hoekom slegte dinge in die wêreld gebeur nie. In plaas daarvan om met leë woorde te probeer troos, moet ons besef dat God ons nooit verlaat nie en saam met ons in ons hartseer is.

OUTEUR
Adrio König se grootste belangstelling is die Bybel self. Hy was 40 jaar betrokke by Unisa en het die voorreg gehad om met teoloë uit baie ander kerke saam te
werk. Dit het in hom ’n ruimheid geskep vir ander se oortuigings. Adrio is getroud met Hermien. Hulle het drie kinders, Mari, Carina en Friedrich, en vyf kleinkinders, Guillaume, Helet, Wiets, Ilani en Joy. En almal dien die Here.