God van wonders

R151.27

God is ’n God van wonders. En net soos Hy in Bybelse tye sy krag en liefde op wonderbaarlike wyse bewys het, doen Hy dit ook vandag. Die 40 aangrypende ware verhale wat Angus Buchan in God van wonders deel, vertel van gebede wat beantwoord is in verskillende situasies. Die boek word afgerond met persoonlike getuienisse wat jou sal laat nadink oor God se ongelooflike krag.

SKU: 978143113250 Category:

Description

SUBTITEL: Persoonlike getuienisse oor God se wonderwerkende krag in mense se lewens

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 244

OPSPOMMING: God van wonders deur Angus Buchan is propvol ge-tuienisse wat die goedheid en genade van God in die lewens van gewone mense weerspieël.
Die boek deel wonderlike verhale van gebede in verskillende situasies wat beantwoord is – van verlos-sing en bevryding, genesing, voorsiening en onge-looflike geleenthede tot bekering.
Net soos Jesus in die Bybelse tyd wonderwerke ge-doen het – nie om Homself te bewys nie, maar om-dat Hy ontsaglik lief was vir die mense om Hom – doen God vandag nog wonderwerke. Die 40 ware verhale wat Angus oorvertel in God van wonders sal lesers opnuut laat nadink oor God se ongelooflike krag. Die boek word ook afgerond met persoonlike getuienisse.
God is ’n God van wonderwerke en God van wonders vertel waartoe Hy in staat is in die lewens van gelowiges wanneer hulle hul geloof en vertroue in Hom plaas.

SKRYWER

Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.